Cantando@Algoa-koor hou jaarkonsert

2017-09-21 06:00

Cantando@Algoa-koor se jaarkonsert met gaskunstenaar Mariette Pitout, ’n sopraan van die Lady Grey Kunste-akademie, word eerskomende Dinsdag om 19:00 in die Baai aangebied.

Die program behels gewilde koor-, solo- en duetsang en instrumentale items.

Die gaskunstenaar Mariette Pitout se vorige optredes sluit in Debuut met Mimi, Oudts-hoorn Kunstefees en as solis vir Beethoven se Koraalfantasie en Mozart se Requiem. Sy het in die verlede verskeie kere saam met Bouwer van Rooyen en die koor, Cantando@Bloem, opgetree en dit is ‘n voorreg om haar nou in Port Elizabeth te ontvang vir ‘n optrede saam met Cantando@Algoa.

Ander deelnemers is Willie Venter (tenoor), Rina Ras (begeleier), Janneke Jacobs (viool), Elbie Ras (viool) en Saskia Weitsz (tjello). Die koor staan onder leiding van Bouwer van Rooyen.

Die jaarkonsert is by die NGK PE-Wes op die h/v Pickeringstraat en 5de Laan in Newtonpark. Toegang is gratis.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.