Dano is vol hoop vir die toekoms

2019-09-26 06:00
Dano Swart (regs) in ’n rolstoel by die Hoërskool Brandwag se matriekafskeid. Sy ouer suster, Zahn-Mari, het hom vergesel. foto:KAREN PIENAAR

Dano Swart (regs) in ’n rolstoel by die Hoërskool Brandwag se matriekafskeid. Sy ouer suster, Zahn-Mari, het hom vergesel. foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE matriekafskeid van die Hoërskool Brandwag was vanjaar vir Dano Swart (18) ’n spesiale hoogtepunt, na die moeilikste 19 weke van sy lewe.

Die nekbesering wat Dano vroeër vanjaar tydens OP-rugbyproewe opgedoen het, het sy liggaam verlam en sy lewe onherroeplik verander. Toe Dano verlede Donderdagaand by sy matriekafskeid aankom, het hy net so elegant gelyk soos toe hy as die eerste prins by die Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie aangewys is. Aan sy sy was ’n voormalige Mej. Brandwag, sy ouer sussie Zahn-Mari Nel.

Dano het na ’n noodoperasie sowat tien weke in Greenacres-hospitaal deurgebring, die meeste daarvan in intensiewe sorg. Daarna is hy na die Aurora-hospitaal oorgeplaas waar hy steeds daagliks fisio- sowel as arbeidsterapie ontvang.

In die saal van die VW PeoplePavilion waar die matriekafskeid gehou is, het al die gaste opgestaan en handegeklap toe Dano sy elektriese rolstoel, met die nommerplaat “Dano Swart Matriek 2019”, bedrewe tot by sy sitplek gestuur het.

Adjunkhoof Eerika Roux was eerste by sy tafel vir ’n warm verwelkoming voordat Dano se rugby- en krieketspanmaats op hom toegesak het.

Dano, wat as gevolg van die tragea, vir weke net kon fluister, gesels nou heerlik.

“Dis Aurora se rolstoel,” sê Dano.

“Hy kan nogal vinnig gaan. Kyk, hier is die veiligheidsgordel.”

Dano wag nog vir die rolstoel wat die Chris Burger-fonds, ’n organisasie wat beseerde rugbyspelers help, aan hom gaan skenk. In dié rolstoel sal Dano ook na die kante toe kan leun, wat beter is vir sy bloedsomloop.

“Ja ... ek voel baie beter. Al die pype is nou uit en my longe is baie sterker. Dis ’n groot verligting want nou kan ek weer praat,” sê Dano.

Hy het baie van sy kragte herwin nadat hy self kon begin eet. Hy het ook die longinfeksies oorkom.

Heinz van “Heinz in Style”, wat al lank die aanbieders van Mnr. en Mej. Brandwag se klere borg, het Dano se stylvolle uitrusting verskaf. Die bruin strikdas bekelemtoon sy bruin oë wat vol vasberadenheid oor sy toekoms vonkel.

Dano oorweeg om die laaste deel van sy rehabilitasie by die Walk with Brandon-stigting, ’n gevorderde rehabilitasiesentrum in die Kaap, aan te pak.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.