DBV: 3 weke oue hondjie uit dreinpyp gered

2020-03-05 06:01
Marion Diener, Uitenhage DBV bestuurder, by die opening waarin die hondjie geval het.                 FOTO’S: KEVIN BROWN

Marion Diener, Uitenhage DBV bestuurder, by die opening waarin die hondjie geval het. FOTO’S: KEVIN BROWN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n DIER in nood laat Mariaan Wentzel, ’n inspekteur by die Uitenhage Dierebeskermingsver- eniging, onmiddelik, sonder ’n sekonde se twyfel, oorgaan tot aksie om te red. Ongeag wat die omstandighede is, selfs al moet sy kniediep in rioolvuil staan.

Dit is wat verlede week gebeur het toe ’n inwoner van Gerald Smith die DBV uit nood gebel het, nadat ‘n drie weke oue hondjie, een van ‘n werpsel van nege, in ‘n oop dreinpyp geval het.

“Die hondjie se desperate getjank iewers daar diep onder in die pyp was hartverskeurend. Ek’t dadelik met die hulp van mense uit die gemeenskap begin om die pyp oop te grou,” sê Mariaan.

“Die pyp was omtrent so 800mm onder die grond. Terwyl ons verwoed gegrou het, het ’n swaar reenbui ook nog uitgesak. Dis toe dat ek besef, ek moet nou my kollegas bel vir bystand. Ek was letterlik kniediep in die gemors, maar al waaraan ek gedink het was om daardie klein hondjie se lewe te red.”

Mariaan vermoed dat die tefie waarskynlik by die oop dreinpyp verbygeloop het met die klein-tjie agterna en hy toe in die oop dreinpyp geval het.

Die eienaar van die hondjie het eers self probeer om die hondjie uit te haal, maar sonder sukses. Daarna het hy die DBV gebel en vir hulp ge-vra.

“Wat die reddingspoging bemoeilik het, was om presies agter te kom waar die hondjie is, want sy getjank in die sowat vyf meter lange hol pype was baie misleidend.

“Dank die Here! In die heel laaste stuk van die pyp wat ons oopgegrou het, kon Patrick sy arm indruk en op ‘n manier die hondjie aan die kop beetkry.

“Dit was touch and go of ons het die hondjie verloor. Toe Patrick hom uithaal, het die hondjie nie meer asem gehaal nie omdat hy vir ’n paar minute onder water was.

“Marion en ek het hom dadelik in ’n handdoek toegedraai en om die beurt sy lyfie hard gevryf om dit weer aan die lewe te kry. Dit was ’n onbeskryflike gevoel om te sien hoe hy weer na sy asem begin snak. Toe wéét ons . . . hy leef, hy het dit gemaak!

“Dit was reën en trane deurmekaar van pure dankbaarheid en vreugde,” sê Mariaan.

Dit het Mariaan en haar kollegas, Marion Diener (Uitenhage DBV-bestuurder), Patrick Whitebooi en Thandile Plaatjies (drywer) onge-veer ses ure geneem om die hondjie uit die dreinpyp te red. Nog ’n kollega, Kevin Brown (inspekteur) was ook daar vir morele ondersteuning en het die drama op kamera vasgevang.

“Die gemeenskap het bankvas agter ons gestaan en gehelp. Dit was ongelooflik dat almal ’n hand wou bysit om die klein hondjie te wil help red. Op ’n stadium was daar te veel mense en moes ons hulle vra om terug te staan.

“Ons het die hondjie Survivor gedoop daar in die reën. Hy sal een van die dae hier na ons toe kom. Die DBV monitor tans die situasie en is besig met ’n opvoedingsprogram ten opsigte van dieresorg en sal uiteindelik sterilisasies doen en al nege hondjies inneem,” sê Mariaan.

Deirdre Swift, voorsitter van die Uitenhage DBV-bestuursraad sê, “Ons het ’n fantastiese span hier by die Uitenhage DBV. Almal spring altyd in om ’n dier in nood te help. Selfs onder moeilike omstandighede sal hulle nie twee keer dink nie, maar dadelik tot aksie oorgaan.”

Mariaan stuit vir niks nie wanneer ’n dier gered moet word. Toe sy nog by die Ellisras-DBV was, het sy tydens ’n vloed, sowat 2km geswem om by vasgekeerde diere op ’n hoogte uit te kom.

“Gelukkig was daar ’n kano en kon ek die diere daarop sit en saam met hulle na veiligheid roei. Dit is my passie om diere te help. Ek love dit.”

1

2

3

4

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.