Dekaansmedalje aan student van Despatch

2018-07-12 06:00
=HJ Prinsloo (regs) het sy finale jaar in teologie aan die Universiteit Vrystaat op ’n hoogtepunt afgesluit nadat ’n dekaansmedalje aan hom toegeken is. Hier is hy saam met die dekaan van die teologie departement, professor Fanie Snyman (links).                  Foto:VERSKAF

=HJ Prinsloo (regs) het sy finale jaar in teologie aan die Universiteit Vrystaat op ’n hoogtepunt afgesluit nadat ’n dekaansmedalje aan hom toegeken is. Hier is hy saam met die dekaan van die teologie departement, professor Fanie Snyman (links). Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE afgelope twee jaar is HJ Prinsloo, wie sy grootwordjare op Despatch deurgebring het, deur die Universiteit Vrystaat se fakulteit Teologie en Religie toegeken met dekaansmedaljes.

Dié medalje gaan aan die topstudent en hy was in 2016 die beste B-graad student van dié fakulteit en in 2017 die beste M-graad student.

Sy universiteitsloopbaan is gekenmerk deur pryse want in sy eerste jaar het hy die prys ontvang vir die beste student in Hebreeus en sy tweede jaar die beste student in Grieks, met onderskeidelik 95% vir beide tale gedurende die twee jare. Hy slaag ook beide grade BTh en MDiv Cum Laude én was in beide grade die beste student in sy jaargroep.

Maar die oud-Tier, wat in 2012 aan HTS Daniel Pienaar op Uitenhage gematrikuleer het, wou aanvanklik ’n loopbaan in elektronika volg.

“Ek was so opgewonde toe ek in graad 11 die fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit Vrystaat besoek en besef dit is my roeping,” sê Prinsloo vanuit Bloemfontein waar hy as finale jaar student sy gemeentejaar (prakties) doen.

“Gedurende my voorgraadse studies het ek ’n belangstelling ontwikkel in die interpretasie van die Nuwe Testament teks, veral die vroeë briewe van Paulus,” sê Prinsloo.

Sy studieleier was professor Francois Tolmie wie internasionaal bekend is vir sy studies van Galasiërs en Johannes.

Hy doen sy gemeentejaar by die makro Pellissier-gemeente in Bloemfontein met 6 500 lidmate waarvan ongeveer 40% 30 en jonger is.

“Aan die einde van 2018 word ek DV gelegimenteer as proponent van die NG Kerk. Ek sien uit om as leraar betrokke te wees in gemeentebediening.

“Ek is baie dankbaar en kan dit nie genoeg beklemtoon dat ek oorweldig is deur die genade van die Here nie,” sê Prinsloo.

Hy is die seun van Hannes en Leonie Prins-loo van Despatch. Hannes is die afgelope 26 jaar Radiokansel se areaverteenwoordiger in die Oos-Kaap.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.