Dekorbeplanner gaan gróót met Ray Dylan-troue

2017-05-11 06:02
Francois Deysel (middel) saam met Ray Dylan en sy Jessica op hul troudag               fotos:FRANCOIS DEYZEL

Francois Deysel (middel) saam met Ray Dylan en sy Jessica op hul troudag fotos:FRANCOIS DEYZEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir ’n plaaslike trou- en dekorbeplanner het die geluk onlangs dubbel in sy guns gedraai toe twee van sy “graag-wil-doen-dinge” binne ’n kort tyd gerealiseer het.

Francois Deyzel is ’n man met ’n kreatiewe plan wat enige geleentheid en lokaal kan optower met sy dekor. Vir die afgelope paar jaar sorg hy onder meer dat Kirkwood Wildsfees se skaapkoptafel vir 150 gaste mooi lyk sowel as dat die BBP-area nog meer glans verleen aan die glansrykes.

Een van sy ideale was juis om ’n glanspersoon se troue te doen en dié geleentheid het hom te beurt geval toe hy gevra is om Ray Dylan en sy Jessica se troue by Barklystraat Teater op Uitenhage te doen.

“Ek het nog altyd gedink dit sal ’n lekker uitdaging wees om ’n celebrity se troue te doen. Toe gebeur dit dat Jessica se ma, Karen Erasmus, my vra of ek die Ray Dylan troue sal doen,” sê Deyzel wat as beste uitstaller drie jaar in ’n ry by die jaarlikse Bridal Fair in die Baai aangewys is.

“Die bruid se versoek was bling-bling, sprokiestroue, alles wit en baie diamante. Vir my was die opmaak van die kerk-deel besonders en ek dink die rooi tapyt met die mooi Christelike boodskap was iets heel anders.”

’n Reuse rekstof-markiestent is langs die teater opgeslaan waar die 160 gaste onthaal is met onder meer glanspersone soos Kurt Darren, Wicus van der Merwe, Dozi en nog ’n paar ander. Deyzel moes 16 tafels optof en natuurlik ook die bruidstafel vir 8 gaste.

“Ons het wit tafeldoeke en wit servette met diamantringe gehad en op elke tafel was kristalkandelare en vier bakkies met blomme.

“Jeanette van Flower and Gift het my baie gehelp. Maar ek moet sê al ons Uitenhagers wat betrokke was met die troue het groot gegaan en net hul beste gegee. Dit was genuine ’n uithangtroue en ’n lekker kuier-kuier storie.”

Op Ray Dylan se Facebook het die sanger ge-skryf: “Dankie Francois vir die awesome drapering en mooimaak van die teater.”

Jessica se pa, Jannie Erasmus het vir Francois geskryf: “Uit ’n vaderhart sê ek vir jou duisende dankies vir wat jy vir my dogter en vir Ray gedoen het. Woorde is goedkoop, maar baie baie dankie.”

Skaars was dié eerste groot celebrity troue agter die rug toe word nog ’n groter droom vir Deyzel waar.

“Wat my nou baie opgewonde maak is dat die Arabest Wedding & Function Venue buite Despatch, waaroor ek al vir vyf jaar droom, se sleutels nou in my hande is.

“Ek is in die wolke daaroor!” sê Deyzel.

Hy is nou volstoom bedrywig om dié droom funksielokaal se dekor reg te kry om die lys funksies wat daar geboek is te laat skitter.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.