Despatch

2018-07-12 06:00

’n Vrou wat glo van Despatch afkomstig is en blykbaar verskeie mense uit duisende rande bedrieg het, is in hegtenis geneem.

Die polisie het Debbie-Anne van Niekerk verlede Donderdag op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg aangekeer. Sy het gister in die landdroshof op Uitenhage om borgtog aansoek gedoen.

Luidens die klagstaat het Van Niekerk tussen Mei 2016 en April 2017 die beweerde bedrog gepleeg waarin slagoffers R231 317 verloor het. Hoewel daar ook klaers in Port Elizabeth is, het Van Niekerk blykbaar grootliks tussen Uitenhage en Despatch “gewerk”.

Na bewering het sy aanlyn geadverteer dat sy kruideniers­ware, skoonmaakmiddels, sigarette, alkohol en doeke teen ’n verlaagde prys kan bekom en verkoop. Sy het ’n pryslys van goedere beskikbaar gestel en op betaling van die volle bedrag aangedring voordat ’n bestelling aanvaar is.

In sommige gevalle het Van Niekerk met ’n klant se eerste paar bestellings blykbaar die volle bestelling afgelewer. Daarna het sy glo slegs ’n gedeelte of niks van die bestelling afgelewer nie.

Verskeie verskonings en beloftes oor terugbetalings óf die aflewering van die goedere wat bestel is, is deur Van Niekerk gemaak.

Een van die verskonings wat gebruik is, is dat haar verskaffers, ene Darryl Tait en Imhran Pallay, met die goedere of die geld van die klante verdwyn het. Die klagstaat lui ook dat Van Niekerk selfoonnommers van Tait en Pallay aan haar klante verskaf het en op 31 Maart 2017 ’n strafregtelike saak by die Despatch-polisiekantoor teen Pallay aanhangig gemaak het.

Later is gevind dat Pallay se selfoonnommer in Van Niekerk se naam geregistreer is en dat sy dié boodskappe aan haarself gestuur het om Pallay se bestaan te bewys en die blaam van haar af weg te skuif.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.