Despatch Dienssentrum spog met nuwe wiele

2018-05-24 06:00
=Despatch Dienssentrum het ’n nuwe multi-funksionele voertuig, ’n VW Caddy, van die Nasional Lotteries Commission ontvang. Hier is (van links) Johan Schaap, Elizabeth Zakumba, Anna-Marie Griessel (organiseerder by Despatch Dienssentrum), Kotie Burger (voorsitter van Despatch Dienssentrum) en Martha van de Venter (eerste organiseerder van Despatch Dienssentrum).       Foto:HEILIE COMBRINCK

=Despatch Dienssentrum het ’n nuwe multi-funksionele voertuig, ’n VW Caddy, van die Nasional Lotteries Commission ontvang. Hier is (van links) Johan Schaap, Elizabeth Zakumba, Anna-Marie Griessel (organiseerder by Despatch Dienssentrum), Kotie Burger (voorsitter van Despatch Dienssentrum) en Martha van de Venter (eerste organiseerder van Despatch Dienssentrum). Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dienslewering by die Despatch Dienssentrum het wiele-woema gekry danksy ‘n nuwe voertuig wat dié sentrum van die Nasional Lotteries Commission ontvang het.

Kotie Burger, voorsitter van ACVV Despatch sê hulle het al in 2006 aansoek gedoen by die nasionale lottery vir ‘n voertuig om die Despatch Dienssentrum se bejaardes te vervoer sowel as om etes by bejaardes te kan aflaai.

ACVV Despatch beskik oor drie onder- afdelings op die dorp naamlik Huis Najaar, die plaaslike kinderbeskerming en die dienssentrum.

“Uiteindelik het ons dié Caddy gekry! Ons as ACVV is baie dankbaar dat ons nou al drie ons afdelings goed kan bedien danksy die hulp van die Nasionale Lotery,” sê Burger wat al die afgelope 38 jaar voorsitter van ACVV Despatch is.

Ceriné Kleinhans, voorsitter van die Despatch Dienssentrum, sê die voertuig gaan handig te pas kom om bejaardes na die kliniek te neem en ook om die vroue van Nomzamo, ‘n sateliet-tak van die dienssentrum, in Khayamnandi te gaan haal.

“Die vroue besoek ons sentrum weekliks en woon aktiwiteite by soos trimgim, lyndans en verjaardagtee wat hier aangebied word,” sê Kleinhans.

Die dienssentrum, wat vanjaar sy 28ste bestaansjaar vier, bied weekliks godsdiensprogramme aan sowel as aktualiteitsprogramme, speletjies soos bingo en blokkies-raaisel, en daar word gereeld gebraai. Daar word ook jaarliks ‘n naaldwerk-kompetisie gehou en vier keer per jaar is daar uitstappies wat vir groot opgewondenheid sorg.

Bejaardes kan selfs hulle hare by die dienssentrum laat doen en daar is ‘n gekwalifi-seerde suster wat basiese dienste soos die neem van bloeddruk lewer.

Anna-Marie Griessel, organiseerder van Despatch Dienssentrum, sê daar is ongeveer 120 lede, maar nie almal is aktief betrokke by die aktiwiteite nie.

Mense van 60 jaar en ouer kan lede van die dienssentrum word. Die oudste lid is 92 en die meeste is in hul 70’s en 80’s.

Burger sê die hoofdoel van die dienssentrum is om die bejaardes aktief betrokke in die gemeenskap te probeer hou.

“As hulle by die huis sit, vereensaam hulle. Die dienssentrum bied vir hulle ‘n plek waar hulle kan deelneem aan aktiwiteite en sosialiseer. Die programme wat ons hier aanbied, voeg waarde toe tot hul lewens.”

Lede wat die dienssentrum besoek, is onafhanklik en woon nog in hul eie plekke.

“Die sentrum is ‘n een-stop fasaliteit vir ons bejaardes in ons gemeenskap. Al is hulle bejaard, is hulle jonk van gees.

“Hier kan hulle lekker gesels en kuier en daagliks ‘n gebalanseerde ete geniet. So, dit is die doel van die voertuig, om juis daardie mense, wat deel van die dienssentrum se aktiwiteite wil wees, te gaan oplaai,” sê Kleinhans.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.