Despatch egpaar dood toe boot in Bali sink

2019-09-26 06:00
Victor Allers en Fatima op hul vakansie in Bali.                    foto: Facebook

Victor Allers en Fatima op hul vakansie in Bali. foto: Facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Toe sy pa die oggend nie vir hom ’n Whats-App-boodskap stuur nie, het hy dadelik vermoed iets is fout.

Dié nare gevoel van Jaundré Allers (17), seun van Victor Allers (43), het Maandag, 16 September ’n werklikheid geword toe hy hoor dat sy pa en stiefma, Fatima (48), dood is terwyl hulle met vakansie op die Indonesiese eiland Bali was.

Die skoknuus het gekom nadat ’n bootrit tragies geëindig het toe die boot omgeslaan het.

Victor en Fatima, wat op ’n kleinhoewe net buite Despatch geboer het, het vermoedelik verdrink.

Die egpaar was naby die einde van hul twee weke lange vakansie toe die ongeluk gebeur.

Clayton Turner, Fatima se eksman, het gesê die besonderhede oor die voorval is nog vaag.

Daily Mail het berig ’n massiewe brander het vermoedelik daartoe gelei dat die boot omgeslaan het. Luidens die berig het die voorval suidoos van Bali naby Devil’s Tear Cove in Nusa Lembongan gebeur.

Hulle is glo deur ’n verbygaande boot uit die water opgepik, maar was reeds bewusteloos. Hulle is later in die hospitaal dood verklaar.

“Dit was ’n groot skok. Daar is nie woorde nie. Hulle was in die laaste paar dae van hul vakansie toe die tragedie gebeur. Dit is omtrent al wat ons nou weet.”

Turner sê die moeilikste tot dusver is om die egpaar se lyke terug in die land te kry sodat hulle met die begrafnisreëlings kan begin.

“Dirco (die departement van internasionale betrekkinge en samewerking) kommunikeer met ons om ’n invoerpermit te bekom. Dit is baie ingewikkeld, daar is miljoene vorms, dit is baie moeilik,” sê Turner.

Hy het Fatima sowel as Victor as wonderlike en goeie mense beskryf.

Hy sê hulle het sowat sewe jaar op die kleinhoewe geboer en die boerdery sal nou deur Jaundré, wat in gr. 11 aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar in Uitenhage is, oorgeneem word.

Juandré sê in die tyd wat sy pa-hulle met vakansie was, het hy elke oggend wakker geword met ’n WhatsApp-boodskap van sy pa.

“Ek het al die oggend iets vermoed. Gewoonlik raak ek wakker met die boodskap op my foon, maar daardie oggend nie,” sê Jaundré.

Lunga Mahlangu, woordvoerder van Dirco, het by navraag gesê die departement is van die voorval bewus en hulle bied konsulêre dienste aan die familie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.