Despatch erfenis nou ‘onder klippe’

2017-11-23 06:00
Frans Swanepoel, een van die stigterslede van die Despatch Museum by die vensters wat stukkend gegooi is. Regs is die dinosaurus skaalmodel se stukkende glaskas en klippe wat binne in die museum gegooi is.    Fotos:HEILIE COMBRINCK

Frans Swanepoel, een van die stigterslede van die Despatch Museum by die vensters wat stukkend gegooi is. Regs is die dinosaurus skaalmodel se stukkende glaskas en klippe wat binne in die museum gegooi is. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir sewe jaar het inwoners van Despatch jaarliks karnaval gehou om fondse in te samel vir ’n museum waar die dorp se ryk erfenis met trots uitgestal kon word. Nou is dié eens plek van trots in ’n skandalige toestand van verwaarlosing.

Despatch is een van die Oos-Kaap se jongste dorpe en het in 1945 munisipale status verkry.

“Vir so ’n relatiewe jong dorp is Despatch se geskiedenis baie interessanter as dorpe wat veel ouer is. Dit is onaanvaarbaar wat nou aangaan.

“Ons museum is verniel en dit is ’n skande dat dit net so gelos word,” sê Frans Swanepoel ’n Despatcher in murg-en-been wie se familie self diep spore in die dorp se geskiedenis gemaak het.

Hy het destyds saam met Attie Pretorius op die Despatch Museum-komitee gedien. Hulle het toegesien dat twee klein elektriese substasies wat in onbruik was langs die dorp se hoofstraat, omskep word in ’n museum.

“Baie mense het vir ons goed geskenk vir die museum. Meeste van die items het interessante stories waar dit vandaan kom. Die dorp het eintlik ’n baie lekker, maar ook swaarkry geskiedenis.

“Daar was nooit genoeg fondse om permanent ’n opsigter by die museum aan te stel nie. So, wanneer iemand ’n draai by die museum wil gaan maak kon hul ’n nommer bel en dan het Fanie Pretorius gaan oopsluit en die besoekers deur die museum geneem.”

Volgens Swanepoel is Pretorius in kennis gestel het dat sy dienste nie meer benodig word nie.

“Oral lê klippe binne in die museum soos die ruite uitgegooi is. Fotorame en glaskaste binne in die gebou is stukkend gegooi. Die glaskaste van skaalmodelle van die dinosaurus en die skoorsteen is stukkend gegooi. So-ook die glaskaste waarin ons dorp se sportsterre se memorabilia uitgestal word,” sê Swanepoel.

Raadslid Francois Greyling sê die gebou behoort aan die Nelson Mandelabaai munisipaliteit.

“Ons het al ’n geruime tyd gelede met die provinsiale regering kontak gemaak met betrekking tot die toestand en die beveiliging van die artifakte wat daar is. Ons kry onge-lukkig geen samewerking van hulle nie,” sê raadslid Greyling.

“Ons is positief dat die probleem aandag sal geniet. Ongelukkig draai die wiele maar stadig interdepartementeel.

“Ek is ’n geskiedenis-onderwyser. Dit lê my baie na aan die hart. Erfenis en geskiedenis is soos ons ruggraat.

“Dit kry by vêrre te min aandag in die opvoeding van ons kinders. Dit kry ook hopeloos te min geld as mens in ag neem wat die impak daarvan is op toerisme en die bewaring van ons almal se geskiedenis,” sê Greyling.

Tot tyd en wyl daar vir optrede van owerhede gewag word, bly die museum die teiken van vandale wat bewyse van die dorp se erfenis vernietig.

  • Despatch Museum het die volledige verhaal van hoe die dorp sy naam van die “Despatch Patent” stene gekry het. Daar is ook ’n byna 2 meter hoë skaalmodel van die baksteenoond se skoorsteen sowel as van die oorspronklike stene wat daar vervaardig is.

Despatch het ook wêreldwyd bekendheid verwerf deur Fred Holland se gesogte melkbeeste. Sy “Despatch Coates Dairy Short-horns” was oral as kampioene in hul klas aangewys. Twee van Holland se koeie is by die Shorthorn Society in Engeland aangemeld vir die hoogste melkproduksie in Suid-Afrika.

’n Skaalmodel is in die museum te sien van een van die kontinent se bes bewaarde fossiele, ’n Stegosaurus wat teen die Swartkopsrivier se oewer ontdek is.

Dan is daar memorabilia van die ellelange lys van internasionale sport-presteerders soos Rudi Koertzen, Danie Gerber, Charl Matteus en Rassie Erasmus.

Despatch is ook die enigste dorp wat ‘n rugbyklub gestig het lank voor die dorp op ’n kaart geregistreer is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.