Despatch-haarkappers beste in Oos-Kaap

2019-08-22 06:00
TWEE van Scissor Sisters haarsalon op Despatch se haarkappers gaan die Oos-Kaap by ’n nasionale haarkuns-kompe-tisie in Midrand verteenwoordig. Van links is dié haarkappers, Nadine Oberholzer en Nikita van der Merwe sowel as grimeerkunstenaar Lindy Laubscher wat saamgaan. Langs hulle is Antoinette en Hein de Vrey. Foto:HEILIE COMBRINCK

TWEE van Scissor Sisters haarsalon op Despatch se haarkappers gaan die Oos-Kaap by ’n nasionale haarkuns-kompe-tisie in Midrand verteenwoordig. Van links is dié haarkappers, Nadine Oberholzer en Nikita van der Merwe sowel as grimeerkunstenaar Lindy Laubscher wat saamgaan. Langs hulle is Antoinette en Hein de Vrey. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DESPATCH is maar ’n klein dorpie wat bekend is vir rugby, maar twee van hierdie dorp se mense gaan nou op nasionale vlak aan ’n haarkuns-kompetisie deelneem.

Scissor Sisters haarsalon se Nikita van der Merwe en Nadine Oberholzer, het onlangs aan die Employer’s Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty se Oos-Kaap kampioenskappe deelgeneem. Tussen hulle het hul sewe trofeë en arms vol sertifikate en medaljes gewen.

Beide haarkappers is aangewys as algehele wenners in die Oos- Kaap en gaan nou na Midrand, Gauteng, waar die nasionale wenners die kans gaan kry om vir die wêreld te wys wat hulle kan doen.

“Ons is baie trots op hulle,” sê Hein de Vrey, plaaslike sakeman wat die salon in 2008 begin het.

“My susters is haarkappers en werk met skêre én ek het van die musiekgroep Scissor Sisters gehou, toe besluit ek dit is mos net die naam vir die salon.”

Een van Hein se susters is Nikita, wat saam met Nadine na die nasionale haarkuns-kompetisie deurgedring het. Sy ander suster is Lindy Laubscher, ’n haarkapper en grimeerkunstenaar.

Lindy gaan nie net as grimeer-kunstenaar saam na Midrand nie, maar ook as Nikita se model in die avant garde-afdeling. Tydens die Oos-Kaapse kompetisie het die eksentrieke haarkunswerke op Lindy se kop sowat 5kg geweeg.

Nikita was die algehele wenner in die senior-afdeling met eerste plekke in haarstilering vir troues, as-ook sny en stilering van mans-hare, sowel as ’n eerste plek vir sny en stilering van senior vroue. Sy het ook ’n sertifikaat gewen in die barbier-afdeling vir haarskeer met ’n knipper.

“Dit was alles buitengewone style. Nie die soort wat jy hier in Despatch op straat gaan sien nie,” sê Nikita.

Nadine was weer die algehele wenner in die junior-afdeling. Sy was die junior wenner van sny en stilering sowel as in die droogblaaskuns van hare. Wilma Lizamore van Despatch is een van haar modelle vir die nasionale kompetisie.

Die modelle vir die ander afde-lings waarin hulle gaan deelneem, sal hulle eers in Midrand ontmoet.

“Dit is ’n groot uitdaging en die senuwees knaag, maar Nikita het my geleer om te doen wat jy kan doen en om dit goed te doen,” sê Nadine.

Die haarkappers en hul modelle gaan op 1 September in Midrand die Oos-Kaap by die nasionale haarkuns-kompetisie verteen- woordig. Twee deelnemers uit elk van die 11 provinsies gaan mee-ding.

“By dié kompetisie is dit waar bekendes soos Hannon ook uithang. As die Despatchers daar met die louere wegstap, is die deure vir hulle oop om internasionaal te gaan deelneem,” sê Hein.

Die tema vir die nasionale kompetisie is Las Vegas en Nikita sê, “Ons gaan op die vliegtuig klim met glitter en vere en al ons haar-kunsstukke.”

) Nikita en Lindy is albei lede van die Lioness-klub van die Uitenhage Lions.

Hulle het onlangs hul salon op ’n Sondag oopgehou en alle opbrengste van die dag is aangewend vir liefdadigheid.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.