Despatch-haarkappers wen nasionale kompetisie

2019-09-12 06:00
Haarkunstenaars Nadine Oberholzer en Nikita van der Merwe van Scissor Sisters op Despatch, is aangewys as nasionale wenners van die Employer’s Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty (EOHCB) kompetisie wat in Midrand gehou is.               Foto:HEILIE COMBRINCK

Haarkunstenaars Nadine Oberholzer en Nikita van der Merwe van Scissor Sisters op Despatch, is aangewys as nasionale wenners van die Employer’s Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty (EOHCB) kompetisie wat in Midrand gehou is. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS is nie aldag dat ’n mens “Despaaatch!” hoor weergalm in die Gallagher-konferensie-sentrum in Midrand nie.

Dít was die oorwinningskreet nadat twee haarkunstenaars van dié dorp, dáár as nasio-nale wenners gekroon is.

Kotie van der Merwe sê toe sy die stemnota kry dat haar dogter Nikita van der Merwe en haar kollega Nadine Oberholzer as die algehele wenners aangewys is in die jaarlikse Employer’s Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty (EOHCB), “kon jy net een groot lawaai hoor toe die span Despaaatch skree.”

“Ons kon dit nie glo nie! Dit is ’n baie groot prestasie vir Nikita en Nadine sowel as vir ons dorp en provinsie.”

Dié twee haarkappers van Scissor Sisters in Despatch se hoofstraat, is in Augustus aangewys as die algehele wenners van die EOHCB in die Oos-Kaap. Dit het hulle die geleentheid gebied om op nasionale vlak te gaan meeding.

“Dit was exciting en dinge gebeur baie vinnig,” is hoe Nikita haar ervaring van dié nasionale kompetisie beskryf.

“Dis soos die verkeer daar, alles is vinniger as hier! Hulle is baie presies en streng, maar daar was ’n ongelooflike vibe. Ek moes teen ’n hengse tempo kreatief wees en fokus, daar was nie eers tyd vir rondkyk wat die ander doen nie,” sê Nikita.

Sy het aan die ope-haarkunsafdelings deelgeneem vir troues, avant garde en vlegwerk sowel as in die senior afdelings van die Wahl Trendy Fade, Wahl Female Barber en Wahl Trendy Bald Fade.

Nadine het aan die ope-afdeings vir troues en avant garde deelgeneem en in die junior- afdelings vir mans-haarsny, vroue-haarsny en die droogblaas-afdeling. Sy was die algehele wenner van die nasionale junior-afdeling.

“Ek sal dit enige dag weer doen. Dit was ’n wonderlike ondervinding om te sien hoe groot die bedryf is. Ek het baie nuwe dinge geleer en die mense se kreatiwiteit is ongelooflik.

“Ek het klaar nuwe idees vir volgende jaar se kompetisie,” sê Nadine.

Kotie sê haar seun, Hein de Vrey, “kon nie vir sy susters ’n beter geleentheid gegee het as dié salon wat hy jare gelede gekoop het nie. Jy kan nie ’n beter broer as hy kry nie!”

Daar word na Nikita verwys as die haarkapper met die tatoeërmerke en die hond. Binnekort gaan sy nog ’n verwysing bykry, want na aanleiding van die hope Wahl-pryse met onder meer ’n gesogte knipper en leervoorskoot, is sy van plan om ’n volwaardige barbier met ’n kenmerkende barbierpaal en al te word!

Haar suster, Lindy Laubscher, is nie net ’n haarkapper nie, maar ook ’n professionele grimeerkunstenaar wat ook deur die kompetisie geinspireer is om haar verder in dié rigting te kwalifiseer.

Nikita en Nadien bedank al hul modelle wat deel was van die nasionale kompetisie sowel as André Cloete, Uitenhage-mode-ontwerper, vir die uitrustings wat hy goedgunstiglik aan hulle geleen het vir die modelle se optrede by die spog haarkunskompetisie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.