Despatch hou éie fees met éie sangers

2017-11-02 06:01

Despatch het vir lank nie sy eie fees gehad nie en ’n paar inwoners het besluit, basta ... dit is tyd! Nou word die Despatchfees op 25 November by die Despatch Rugbyklub aangebied.

“Ons dorp het sy eie karakter en ons dorp se mense hou van kuier. En boonop het ons dorp genoeg goeie plaaslike musiekmakers en sangers om ’n lekker fees te kan hou,” sê Chloe Gair, voorsitter van die Despatchfees-komitee.

’n Hoogtepunt op die vermaaklikheidsprogram is die optrede deur Despatch se eie rock-groep, die Breë Straat Rockers.

“Hierdie ouens is briljant! Dit is ’n fees op sy eie om na hulle te luister,” het Cloe gesê.

Die feesprogram begin om 20:00 op 24 November met ’n karaoke-kompetisie by die Despatch Rugbyklubhuis. Om in te skryf bel Karina Pattinson by 079 729 9221.

Saterdag, 25 November skop die fees af met ’n colour run pretdraf. Die res van die dag se aktiwiteite sluit in optredes deur plaaslike sangers, ’n Oupa en Ouma Despatch-kompetisie, Mnr. & Mej. Despatchfees (uitdun-rondtes is reeds gehou), veteraanmotors, besoek deur die Silent Angels motorfietsklub, stalletjies en vermaak vir die kleinspan.

’n Uitsending van LuisterFM sal ook vanaf die Despatchfees gedoen word.

“Ons hou die fees met die doel om ook terug te gee aan ons dorp en vanjaar wil ons die plaaslike ACVV Dienssentrum finansieël ondersteun,” sê Cloe.

  • Vir navrae oor die Despatchfees bel Cloe by 081 439 5561 of Lerissa by 078 818 8749.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.