despatch hou Voedsel en Gemmer-bierfees

2017-10-26 06:00
=Die Voedsel en Gemmerbierfees wat môre op Despatch gehou word is waar ’n mens proe-proe van ’n verskeidenheid geregte jouself trommeldik kan eet. Die publiek word uitgenooi om ’n draai by die fees te maak wat môre vanaf 17:30 gehou word by die NGK Despatch-Suid kerksaal. Vir meer inligting bel Catrien Kloppers by 041 933 3432. Hier is van die komiteelede met van die geregte waarvan geproe kan word. Van links is Johan Terblanche, Catrien Kloppers, Ansie Barnard, Ria Nell en Adri Stander.                          Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Voedsel en Gemmerbierfees wat môre op Despatch gehou word is waar ’n mens proe-proe van ’n verskeidenheid geregte jouself trommeldik kan eet.

“Die mense wat hier ’n draai kom maak kan vir seker weet dat jy lekker baie kan eet en nog ’n bottel gemmerbier ook kan drink, alles vir so min as R50,” sê Adri Stander, ’n organiseerder van NGK Despatch-Suid se Voedsel- en Gemmerbierfees.

By dié fees kan jy kies en keur van watter geregte jy wil eet teen R5 ’n skep. Dit sluit in voor-, hoof- en nagereg.

“Ons R5-skeppe is ordentlike skeppe, dit is nie afskeep skeppies nie. Een skep is omtrent vier happies,” sê Stander.

Op die spyskaart is daar ’n lang lys van geregte en slaaie en poedings. Dit sluit in ’n aartappelgereg, pasteie, kerrienoedelslaai, pizza, souttert, karamel-kaaskoek, hoendergeregte en stampmielietert.

Die publiek word uitgenooi om saam ’n draai by die fees te maak wat môre vanaf 17:30 gehou word by die NGK Despatch-Suid kerksaal. Vir meer inligting bel Catrien Kloppers by 041 933 3432.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.