Despatch-meisie op noodlys vir longoorplanting

2019-11-28 06:01
Craig Radue en sy dogter, Larisca.

Craig Radue en sy dogter, Larisca.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE matriekmeisie van Despatch, wat steeds wag op ’n dubbele longoorplanting wat haar lewe onherroeplik kan verander, is ná ’n terugslag in die Groote Schuur-hospitaal op die noodlys geplaas om longe te kry.

Dit beteken dat Larisca Radue (19) die eerste longe gaan kry wat beskikbaar word en wat haar grootte is.

Sistiese fibrose is in 2010 by Larisca gediagnoseer. Haar ouers, Lia en Craig Radue, was albei draers van die siekte voordat Lia sowat drie jaar gelede haar stryd teen borskanker verloor het.

Larisca se storie het mense aangegryp, veral toe daar berig is dat sy nie haar matriekafskeid by die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar sou kon bywoon nie omdat haar een long platgeval het. Danksy goedhartige hospitaalpersoneel is ’n “matriekafskeid” in Oktober vir haar in die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth gehou.

Larisca kon nie haar matriekeindeksamen skryf nie.

Volgens Radue het Larisca verlede week ’n slegte infeksie opgedoen. Die hospitaal het gebel en gesê hy moet kom.

Larisca het in die hospitaal se hoësorgeenheid beland toe sy nie kon asemhaal nie, wat met ’n hoë koors gepaardgegaan het. Dit is toe dat doktors besluit het sy moet op die noodlys vir ’n dubbele longoorplanting kom.

Radue moes toe hy die nuus ontvang, inderhaas Kaapstad toe. Hy kan vanweë werksverpligtinge en omdat hy na sy ander twee kinders tuis moet omsien, nie elke dag by Larisca wees nie.

“My kind is verskriklik moeg. Sy is nou permanent op ’n asemhalingstoestel en op ’n hoë dosis antibiotika. Ons kon vir die laaste paar dae nie ordentlik kommunikeer nie. Sy kan so ’n klein bietjie lag, maar selfs lag kan ons nie veel doen nie, want dit put haar uit,” sê hy.

“Niemand weet wanneer die longe beskikbaar gaan wees nie. Dit kan enige tyd gebeur en dan moet ons gereed wees. Ons hou moed.”

Larisca se suster kon hul pa na die hospitaal vergesel om te gaan kuier. Die familie moes egter verlede Donderdag met ’n swaar gemoed groet, want Radue moes terugkeer.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.