Despatch-rugbyklub daag OP Rugbyunie voor hof

2016-03-31 06:00

Die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU), wat steeds steier weens ’n geldkrisis, sal dalk gou moet verduidelik waarom die Polisie- rugbyklub en nie Despatch nie, die unie in die Gold Cup-toernooi gaan verteenwoordig.

Die Despatch-rugbyklub se prokureur, Andre Vlok, het bevestig dat hy ’n hooggeregshofaansoek teen die OPRU en Polisie- rugbyklub saamgestel het en dat die balju dit binnekort aan hulle sal oorhandig.

Despatch voer aan dat hulle boaan die puntelys van die OPRU se Groot Uitdaagbeker-reeks geëindig het en dus die unie in die Gold Cup-reeks moet verteenwoordig.

Al die unies se sterkste spanne, uitsluitend universiteitspanne, neem aan die reeks deel.

Die OPRU het egter besluit om die Polisie-rugbyklub vir die reeks te stuur.

Daar was verlede jaar reeds onmin tussen Despatch en Polisie oor wedstryde wat deur die OPRU weens reën afgestel is wat glo ’n uitwerking op die puntelys gehad het.

Volgens Vlok het Despatch met rolspelers van die OPRU en Polisie oor die kwessie vergader.

Daar kon egter nie ’n ooreenkoms bereik word nie en dis waarom die saak nou in die hof verder gevoer gaan word.

Die OPRU is intussen steeds besig om ’n plan saam te stel waarmee hy die unie se geldkrisis wil ontlont. Die unie word deur likwidasie in die gesig gestaar as hy nie die hooggeregshof kan oortuig dat hy op die regte pad is om sy skuld aan ’n groep rugbyspelers te vereffen nie.

Daar is boonop steeds ’n groep ontevrede klubs wat ’n mosie van wantroue in die OPRU-bestuur wil instel. Dié klubs het dit vroeër onsuksesvol probeer, maar het weer briewe by die unie ingedien waarin hulle hul ontevredenheid uiteensit. Daar word verneem dat die OPRU binne die volgende paar dae op die briewe sal moet reageer.

Die ontevrede klubs wil hê ’n spesiale vergadering moet gehou word waar vir of teen die huidige bestuur gestem moet word.

Asof dit nie genoeg is nie, is die OP-Kings se voorbereiding vir die Curriebeker-reeks, wat volgende week begin, ver agter teen ander unies. Spanne soos Grens en die SWD-Arende het reeds verskeie vriendskaplike wedstryde gespeel terwyl die OP-Kings nou eers begin oefen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.