Despatch skrywer wen nóg pryse

2018-02-15 06:00
Jan Vermeulen.      Foto: HEILIE COMBRINCK

Jan Vermeulen. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Soen.

Is dit Jan Vermeulen, bekroonde dominee-skrywer van Despatch, se eerste hygroman?

“Titels kan nogal misleidend wees, maar ja … daar is so bietjie hyg in,” sê hy skertsend.

Die somerhitte laat deesdae enigiemand hyg, maar ons gesels ontspanne in sy koel sitkamer. Die gesprek gaan oor sy jongste jeugroman Soen, wat bekroon is met ’n Sanlam silwer-toekenning.

Vermeulen sê dat momente van sy leefwêreld, nou en in die verlede, die inspirasie-vonke is wat sy stories laat vlamvat. Daarby ken hy tieners en hy weet hoe hulle koppe werk.

Soen gaan oor ’n matriekseun wat verlief raak op sy juffrou.

“In my matriekjaar was ek baie gewaagd om oor ’n soen te skryf. Die juffrou het niks gesê nie en eenvoudig my punte gegee, want die sin was reg! Van daardie tyd af spook dié soen-sin by my. Nou, baie jare later, het ek ’n hele boek rondom daardie matriekjaar se soen-sin geskryf.”

Vermeulen sê sý juffrou destyds “was mooi en alles” maar hy was nie verlief op haar nie.

“Die vonk vir die boek was … sê nou maar net die seun was wél verlief op die juffrou en toe skryf hý die soen-sin?”

Soen gaan oor hierdie soort verbode liefde. Maar nou wonder Vermeulen of dié soort liefde regtigwaar sleg en verkeerd is. “Hoekom moet dié liefde aan bande gelê word? Bly lief nie net lief nie? Hoekom mag jy nie verlief raak op iemand ouer of jonger as jy nie?

“Die ding met verbode liefde is die konsekwensies. En dit is hoe die soen-sin tot hierdie jeugroman ontwikkel het,” sê Vermeulen.

Grootwordjare

Vermeulen het in Namibië in die klein dorpie Bethanie grootgeword waar sy liefde vir skryf vir die eerste keer gestalte gekry het in sy eie fotoverhaal. As 14-jarige is sy eerste kortverhaal gepubliseer in Patrys, ’n jeugtydskrif van daardie jare.

Die mense van Bethanie het ’n diep indruk op hom gelaat en dit dra by tot die vorming van karakters vir sy verhale, vertel hy verder.

“Baie van hulle pop nog hier en daar as ’n karakter in my stories uit. Nie net van Bethanie nie, ook van Windhoek waar ons later jare gewoon het en nou hier op Despatch.”

B eeldhou en karakterbou

Benewens sy woordkuns, is Vermeulen ook ’n skilder én beeldhouer. Hy verduidelik dat die vorming van karakters in sy stories net soos sy kleibeelde vorm kry.

“Jy vat ’n stukkie klei hier en las dit daar … en so vorm jy ‘n karakter in jou verhaal.”

Soms is daar miskien iets sentraal van mense met wie hy te doen gekry het in sy boek-karakters, erken hy, “maar ek sal nooit só ’n persoon netso in my boeke inskryf nie.”

In ’n onderhoud met SA Vryskutskrywer sê Vermeulen: “Niemand kan karakters uit niks uit skep nie, net God kan. Dus, in elke verhaal is daar maar altyd karakters wat gewaagd baie op werklike wesens geskep is, terwyl die meeste karakters uit ietsie van almal saamgestel is.”

Vermeulen sê daar is lesers wat die skrywer self in sy boek-karakters soek.

Dié “karakter-soeke” tref baie skrywers, sê Vermeulen. “André P. Brink het gesê in al sy karakters is daar iets van homself. As skrywer dink jy jou tog in elke karakter in want jy moet die storie uit die karakter se oog sien – maar, dit maak jou nie die karakter nie!”

Vele verhale op een slag

Vermeulen is tans besig met vier boeke waaronder ’n opvolg vir sy volwasse roman Die Vyfde Aspoester. Laasgenoemde in opdrag van Lapa Uitgewers.

“Die stories bly in my kop. As ek begin skryf, dan weet ek hoe ek die verhaal wil laat eindig. Tussen-in ontwikkel die verhaal soos ek skryf. Ek kan nie hoofstuk vir hoofstuk beplan nie. My kop werk nie so nie!”

“In my skryfwerk is ek gewaagd, nie uittartend nie. Dit is deel van my natuur, dit is vir my goed om gewaagd te wees in my skryfwerk want dit bring ’n sekere energie wat die leser boei en vashou in die storie.”

Pryse

Vermeulen het nou al meer skrywerspryse gewen as die hoeveelheid boeke wat hy geskryf het. Hy het gedebuteer met ’n grensroman, Die laaste dans (1998), toe verskyn sy trefferboek en eerste jeugroman, Geraamtes dra nie klere nie (2000), waarvoor hy ’n Sanlamprys (goud) ontvang het sowel as die MER-prys, Scheepersprys en ATKV-kinderboektoekenning.

Sy kortverhaal In Ma se Stoof is opgeneem in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat. Daarna volg Asem (2016) waarvoor hy ’n Lapa eerste prys ontvang het en toe volg Soen (2017) met ’n Sanlamprys (silwer).

Vermeulen se volwasse roman, Die Vyfde Aspoester, is ’n sielkundige spanningsriller en sal Maart-maand op die rakke wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.