Despatch tafeltennisspanne pak mekaar

2018-03-22 06:01
tafeltennisFoto:

tafeltennisFoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die tafeltennisgees loop hoog op Despatch en ’n interessante kragmeting, die eerste van sy soort, tussen lede van die plaaslike tafeltennisklub, word op Donderdag, 29 Maart gehou.

Spelers is oorgehaal en sien uit na die wedstryde wat beloof om opwindend te wees. Dit sal die eerste keer in die klub se bestaan van agt jaar wees dat twee van die Despatch-spanne teen mekaar speel. So-ook sal dit ’n eerste wees dat die Horne-broers sowel as die Ressouw-broers in liga-wedstryde teen mekaar speel.

Die aksie is deel van die Despatch Tafeltennisklub se ligawedstryde waar die A-span teen die B-span te staan kom.

Beide spanne het goeie sukses tot dusver in die eerste liga behaal.

Volgens Ruben Horne, president van die Despatch Tafeltennisklub, het hulle “ongelooflike groei die laaste twee jaar beleef.”

Die wedstryde word op Donderdag, 29 Maart om 19:30 by die Despatch Stadsaal ge-speel. Die publiek word uitgenooi om die aksie te aanskou.

  • Vir meer inligting oor die Despatch Tafeltennisklub bel Julian Horne by 072 894 6129 of hornejulian8@gmail.com of kontak Ruben by 072 590 8568 of RHorne@mpact.co.za
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.