Despatchers genooi na gesprek oor toename in dwelmmisbruik

2019-08-01 06:00

DIE toenemende dwelmprobleem op Despatch wek soveel kommer dat daar môre-aand ’n openbare vergadering hieroor gehou gaan word.

Jonathan de Lange, ’n besorgde inwoner en sameroeper van die vergadering sê, “Na die wettiging van dagga vir persoonlike gebruik, is die insluiping van sterker dwelms onvermydelik. Dit is asof daar nie ’n plan van aksie bestaan om dit te stuit nie.

“Dit is die rede vir dié vergadering, om ’n oplossing te vind in samewerking met die sleutel rolspelers in ons gemeenskap.”

Die vergadering word môre (Vrydag, 2 Augustus) van 15:00 - 16:00 in die Despatch Stadsaal gehou.

Volgens De Lange is verskeie kerkleiers, skoolhoofde, die polisie, CMR, ACVV sowel as ’n plaaslike dokter genooi na die vergadering.

“Die gemeenskap moet weet dat daar hulp is vir dwelmverslaafdes en hul families wat hierdeur geraak word,” sê De Lange.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.