Die gospel van ’n voorskoot en tuinmaak

2016-06-23 06:00
=Vir Selina Titus hou tuinwerk, met ’n voorskoot aan, haar gesond en gelukkig.                                                                                                                                                                                       Foto: heilie combrinck

=Vir Selina Titus hou tuinwerk, met ’n voorskoot aan, haar gesond en gelukkig. Foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ek bly net by die Here met my twee kleinkinders. In rus en vrede. As ek klaar my huis skoongemaak het dan sit ek my gospel aan, en as ek vaak is dan lê ek, maar as ek in die tuin werk dan sing ek.”

Vir Selina Titus is werk - met ’n voorskoot aan - die ding wat haar gesond en gelukkig hou.

“Ek doen alles self. Ja, ek het mos op ’n plaas grootgeword daar in Hankey se wêreld. Ek is so bly oor my ma en pa, hulle is al jare weg, maar wat hulle my geleer het is nog by my. En dit is om te werk en dat jou ja, ja bly en nee is nee,” sê Selina.

“Werk is goed, kyk my jaart. Dit is skoon en my stoep blink. Maar mense van vandag wil mos nie meer hierdie werk doen nie. Hulle gaan sit so in die sonnetjie, dan kom hy hierdie kant ... dan skuif hulle so agter die sonne-tjie aan. As jy so maak dan sit jou verstand onder jou voete.”

Tuinmaak is jou groot liefde, hoekom is dit vir jou so lekker?:

“O, dit is nou die plek waar ek op my lekkerste sing. Jy kan mos sien hoe mooi is my tuin.

“Hier prys ek die Here. En ek sê dankie vir die voëls op my dak, want as hulle so fluit, dan sê hulle ook môre, want die Here het ons almal geskape. Wie is ons om so verby ’n ander te gaan sonder groet? Nee, jy moet dankbaar wees jy leef en dit wys.

“Plante is mos ook gevoel en wanneer jou plante in jou voorhuis doodgaan, dan moet jy weet die gees van die Here is nie meer in jou huis nie. Plante in ’n huis is soos liefde, jy moet water gee dan blom hulle mooi.

Jy is baie gelowig, hoe voel jy oor mense wat hulle nie aan geloof steur nie?:

“Wanneer jy nie hier binnekant oopmaak dat die Heilige Gees inkom nie, dan kan jy nie dink wat jy moet doen wat goed is nie.

“Maar as jou lewe vol van die Heilige Gees is staan jy fluks op. Jy maak die vensters oop en hou jou brass goed blink.

“Gaan kyk maar by die kerk, vernaamlik daar in die voorstoele, daar sit mense wat kerk hulle gewoonte maak. Ander weet nét hulle sit daar. Maar daardie mense het die Here al by die drumpel van die kerk se deur verloor. Want hulle gaan nie daar sit vir die Here nie, nee, dit is sodat die mense moet sien hulle sit daar.

As jy vir ’n dag president van die land kon wees. Wat sal jy doen:

“In hierdie land kan net die Here ’n verskil maak. Maar dit gaan mos oor aardse wette en die mense wat die land moet laat aangaan kyk net na hulle eie sakke.

“Hulle is niks gepla oor arm mense nie. Kyk daardie R1 400 is nie geld vir oumense nie. ’n Ouma wat nog kleinkinders in die huis het om na te kyk, kan nie met daardie geld vir hulle ’n mooi toekoms plan nie. Ek sou die ou mense darem net R2 400 per maand gee.

Daar is baie versoekinge in die lewe, wat is die beste raad om dit te weerstaan?:

“Kyk een of ander tyd moet elkeen van ons die aarde verlaat. Dan gaan ons rekenskap gee oor wat jy hier aangevang het.

“Wat jy hier doen op aarde ... of jy goed doen en of jy sleg doen, God se oog is op jou. So, dink wat jy doen want jy sal moet verduidelik hoekom jy dit gedoen het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.