Die Tiere skrik nie vir perdekrag nie

2018-06-07 06:01
=Daniel Pienaar Motorsport se renjaers en die putbemanning (van links) JP Smit (drywer), Martin Kleingeld (navigator), Edward Mccarthy, Michail Ellis, Caleb Williams, Dewan Wait, Christelle Viljoen, Eben Schamrel, Angelo Mkile, Clint Koekemoer, Franco Mcleod, Jeandre van Heerden, Jeandre Greef, Britney du Piesanie (drywer), Francois Vermaak (navigator).                                                             Foto:VERSKAF

=Daniel Pienaar Motorsport se renjaers en die putbemanning (van links) JP Smit (drywer), Martin Kleingeld (navigator), Edward Mccarthy, Michail Ellis, Caleb Williams, Dewan Wait, Christelle Viljoen, Eben Schamrel, Angelo Mkile, Clint Koekemoer, Franco Mcleod, Jeandre van Heerden, Jeandre Greef, Britney du Piesanie (drywer), Francois Vermaak (navigator). Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is twee Tiere wat rowwe paaie ken en wilde draaie kan gooi en nie bang is vir perdekrag nie!

Hierdie Tiere – sonder sterte en strepe – is twee veldwedrenjaers uit die stal van HTS Daniel Pienaar, die enigste skool in die Oos-Kaap wat motorsport as ’n buitemuurse aktiwiteit aanbied.

Alles het vyf jaar gelede begin toe Volkswagen Suid-Afrika ’n 1.4 VW Golf aan Daniel Pienaar geskenk het sodat die motorsport-rewolusies ook op skoolvlak aangejaag kon word.

Die onderwysers en leerlinge het dié geleentheid met ywerige toewyding aangegryp.

Intussen het VWSA nog ’n veldrenmotor – ’n 1.2 turbo VW Polo – aan DP geskenk.

JP Smit (18), ’n graad 12 leerder, is deesdae agter die stuur van dié polo en hy ding mee in die S5 klas.

Nog ’n enigste vir die skool is Britney du Piesanie (18) ook in graad 12, wat die jongste vrouerenjaer is wat aan die komende PE Rally se nasionale byeenkoms op 6 & 7 Julie gaan deelneem.

Sy ding met die skool se eerste skenking, naamlik die VW Golf, in die S1 klas mee.

“Ek wou dit nog altyd doen, ek kom van die plaas af en het daar met bakkiery grootgeword. Toe ek die kans by die skool kry om rally te ry het ek dit met albei hande aangegryp,” sê Britney.

Sy het ’n passie vir meganika en wil ’n dieselmotorwerktuigkundige word. “As die VW Golf breek, klim ek self onder die enjinkap in om te help regmaak.”

Die motorsport-onderwyser, Martin Kleingeld sê, Britney het ’n taamlike vuurdoop gehad want sy het vanjaar haar eerste veldwedren, die Heine Sport, in die nag gery.

JP het vyf jaar gelede vir die Tiere begin deelneem en hy deel sy liefde vir motorsport met sy pa, wat ook ’n veldwedrenjaer is.

“Joh ... dis ongelooflik lekker! Onbeskryf-lik. Ek kan nie die ervaring om in die karre te ry, in woorde omsit nie,” sê JP.

JP en Britney sê albei musiek is belangrik vir hul geestelike voorbereiding vir ’n wedren.

“Ek het so lysie van musiek wat ek saamgestel het en hou baie van Tougher Than The Rest. Dit werk vir my,” sê JP.

Britney sê sy luister enige musiek “solank dit net nie daardie snaakse doef-doef musiek is nie.”

Wat die gevare van die veldwedrenne betref, sê JP dit is veral bome, “dit het al reguit op my afgekom, maar gelukkig het die kar toe gedoen wat hy moes doen!”

Britney sê die gevare van die sport het haar geleer hoe om situasies op die pad te hanteer, veral wanneer swak bestuurders rytoestande gevaarlik maak.

JP en Britney se navigators is Kleingeld en nog ’n onderwyser, Francois Vermaak.


4x4 Uitdaging - The Meadows

Om die twee karre op veldpaaie te hou en onkostes van deelname te dek, moet die skool se motorsport-afdeling woeker om geld in te samel.

Dit is ’n duur sport en die rande is nie ge-noeg om gereelde oefenritte toe te laat nie, sê Kleingeld. “Want as die kar breek moet dit reggemaak word en ons het nie die begroting daarvoor nie.”

Die volgende fondsinsameling is ’n viertrek-uitdaging by die bekende The Meadows in die Elandsrivier-vallei.

Alle viertrek-entoesiaste word uitgenooi (en uitgedaag) om op 16 Junie die wiele te laat draai na dié gesellige buitelug viertrek-avontuur.

  • Vir meer inligting oor die Tiere se motorsport of die 4x4 uitdaging in die Elandsriviervallei bel die skool by 041 922 9990.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.