Dink eerder nou aan ander

2020-03-26 06:01
Andrew McPherson, een van die Kapenaars wat Covid-19 het.

Andrew McPherson, een van die Kapenaars wat Covid-19 het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS nie nou die tyd om selfsugtig te wees nie.

Moenie bang wees dat jy Covid-19 kan opdoen nie, maar wees vreesbevange dat jy ander mense kan aansteek.

So sê Andrew McPherson (45) nadat hy via Dubai na Londen en van daar na Zürich gereis het en met sy terugkeer in Kaapstad positief vir Covid-19 getoets is. McPherson, wat sedert 7 Maart in self-isolasie is, se boodskap aan Suid-Afrikaners is om nie paniekbevange te raak nie.

“As jy siek voel en simptome het soos ’n seer keel of hoes, sonder jouself af en neem iets om jou immuniteit te versterk.”

Hy herinner mense daaraan dat 85% van diegene wat die virus het, nie ernstig siek gaan word nie.

“Om jou te laat toets gaan jou nie beter maak nie. Fokus eerder daarop om jou immuniteit te versterk. Neem verantwoordelikheid en fokus daarop om nie met ander mense kontak te maak en die virus te versprei nie.”

Hy sê die grootste bekommernis is dat die virus na bejaardes en mense met ’n swak immuunsisteem versprei en dat dit verhoed moet word.

McPherson vra mense om aan die groter gemeenskap te dink. Hy vra dat mense nie kruideniersware koop wat hulle nie gaan gebruik nie.

“Moenie 50 bottels handreiniger koop as jy dit nie gaan gebruik nie. Dink aan ander mense wat dit ook nodig het. Moenie goed opgaar nie. Jy gaan nie hierdie virus op jou eie klop nie,” sê hy.

“Ons kan óf almal saam misluk óf saam daarin slaag om die virus te klop.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.