Dominee-skrywer vereer met Afrikoon

2018-09-13 06:00
=Bekroonde jeugroman skrywer Jan Vermeulen is deur die ATKV Sonneblomtak van Despatch vereer met ’n Afrikoon-toekenning. Hier is (voor van links)Annamarie Oliphant, Anette Becker (voorsitter), ds. Jan Vermeulen en sy vrou Diana en Lynette Hall (onder-voorsitter). Agter is Johan Fourie (voormalige ATKV direksie-lid), Jackie van Straaten, Charlotte Harmse (tesouriere), Miné Rudman (sekretaresse), Sakkie Kinghorn, Nico Becker en Alida Kinghorn.        Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE ATKV Sonneblomtak op Despatch het dié dorp se bekende skrywer, prediker en kunstenaar, dominee Jan Vermeulen, vereer met ‘n gesogte Afrikoon-toekenning van die ATKV.

“Dominee Jan word vereer vir sy groot bydrae tot die Afrikaanse literatuur en talle boeke wat hy die lig laat sien het,” sê Anette Becker, voorsitter van die ATKV Sonne-blomtak op Despatch.

“Deur sy pennevrug wakker hy nie net jong mense se leeslus aan nie, maar bied puik leesstof aan Afrikaanse-lesers.”

Vermeulen se passie vir die skryfkuns het vroeg in sy lewe geblom toe sy eerste kortverhaal “Sneeuprins van Alaska”op die ouderdom van 14 reeds in die destydse jeugtydskrif, Patrys, gepubliseer is. Daarna het ’n hele rits boeke reeds die lig gesien en pryse soos die Sanlamprys, M.E.R.-prys, Scheepersprys en ‘n ATKV-kinderboektoekenning het gevolg.

Vermeulen se skryfwerk is sinoniem met jeugverhale en hy is ’n meester in dié genre.

Die Afrikoon-oorhandiging is waargeneem deur die voormalige ATKV direksie-lid Johan Fourie van Port Elizabeth. Tydens dié glansgeleentheid het Chezane Steynberg en Semandie Renkin die gaste vermaak met Afrikaanse musiek by die Barkly Bistro op Uitenhage.

- HEILIE COMBRINCK

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.