DP gholfers vir OP by SA skole

2017-08-03 06:01
<Die Tiere se gholfspelers (van links) Gueshiant Matthews, Tiaan Delport, Tiaan van der Bank en Curtley Stofberg. Agter is hulle afrigter Moolman Olivier. Die medaljes en trofee het hulle ontvang as wenners van die Cradock     Uitnodigings-kompetisie waar verskeie top skole gespeel het. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HTS Daniel Pienaar se gholfspanne vaar uitstekend die afgelope 3 jaar.

Oor dié tydperk was hulle jaarliks die wenners van die OP liga en vanjaar was hul ook die wenners van die Cradock Uitnodigings-kompetisie. Tiaan van der Bank is aangewys as die beste speler tydens dié kompetisie.

Drie van die Tiere se gholfspelers is gekies vir die OP interprovinsiale span.

“Dit is ’n briljante prestasie. Wat DP se gholf nog meer uitsonderlik maak is dat die B-span ook die afge-lope 3 jaar in die A-liga speel en elke keer 3de geëindig het,” sê Moolman Olivier, die Tiere se gholfafrigter.

Hierdie week verteenwoordig DP se A-gholfspan die OP by die SA skole gholfkampioenskappe in Rustenburg. Die spelers is Curtley Stofberg, Tiaan Delport en Tiaan van der Bank (OP speler van die jaar & lid van die OP Platteland senior gholfspan) en Gueshiant Matthews.

Olivier is ook ’n lid van die OP Platteland-span en hy is die afrigter.

(-Heilie Combrinck)

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.