Drostdy groet raakvatvrou en ‘ma van vele’

2019-08-22 06:01
Yvonne Barkhuizen (65) bestuurder van Drostdy Werkplek vir verstandelik gestremde volwassenes, het die tuig ná 30 jaar diens neergelê weens gesondheidsredes.    foto:HEILIE COMBRINCK

Yvonne Barkhuizen (65) bestuurder van Drostdy Werkplek vir verstandelik gestremde volwassenes, het die tuig ná 30 jaar diens neergelê weens gesondheidsredes. foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DROSTDY Werkplek vir verstandelik gestremde volwassenes groet ’n staatmaker, planmaker, raakvatvrou en ma van vele, Yvonne Barkhuizen (65), wat ná 30 jaar diens uitgetree het weens gesondheidsredes.

“Ek het geseënde jare by Drostdy geniet. Ons het baie gelag en baie gehuil,” sê Yvonne.

“Een ding weet ek, dat jy die Here se nabyheid elke dag by Drostdy ervaar. Sy genade het die deure oopgehou. Daar was maande wat ons nie geweet het watter kant toe nie, want die subsidies word nie inbe-taal nie.”

Yvonne het in 1989 as drywer by Drostdy begin werk.

“O genade! Daardie ou blou kombi was oor die muur. As jy stop, moes jy gou spring met ’n pannetjie, want die olie het onder by die enjin uitgestroom. Die kombi is darem later reggemaak.”

Sy is in 2001 as Drostdy se bestuurder aangestel nadat Alida Pienaar, haar voorganger, uitgetree het.

By Drostdy moet daar gewoeker en gewerk word en sonder die gemeenskap se ondersteuning sal die werkplek nie sy deure kan oophou nie.

Daarom word daar jaarliks tonne klein-koekies en brood gebak, naaldwerk en houtwerk gedoen om te verkoop.

Dít alles om te sorg dat die sowat 83 verstandelik gestremdes konstruktief besig gehou en versorg word.

“Baie dankie aan die publiek, besighede, kerke, skole, die Rotariërs en Lions vir julle ondersteuning deur die jare. Dankie dat julle Drostdy en sy mense in julle harte hou en met so ’n oop hand gee.

“Dit was goeie jare. Maar die Here het vir my Jesaja 43 vers een gegee en gesê dit is nou genoeg, so ek sê totsiens. Ek het vrede,” sê Yvonne.

Mia Smit, maatskaplike werker en be-kende Rotariër op Uitenhage, het die leisels begin Augustus by Yvonne oorgeneem as bestuurder van Drostdy Werkplek.

“Sy is op-en-wakker en aan-die-gang en ek wéét sy gaan Drostdy Werkplek en sy mense met liefde en toewyding dien,” sê Yvonne.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.