Drotsdy sê dankie vir ondersteuning

2018-02-08 06:00
=Yvonne Barkhuizen (naaslinks) bestuurder van Drostdy Werkplek saam met Amoré Kruger (meeste inskrywings vir die Valentynskussing-kompetisie) en Lucky Miggels en Hester Serfontein met die kussing wat tans uitgeloot word.                           Foto:HEILIE COMBRINCK

=Yvonne Barkhuizen (naaslinks) bestuurder van Drostdy Werkplek saam met Amoré Kruger (meeste inskrywings vir die Valentynskussing-kompetisie) en Lucky Miggels en Hester Serfontein met die kussing wat tans uitgeloot word. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Danksy die publiek se ondersteuning is meer as drie ton kleinkoekies vir die Kersvakansie deur Drostdy Werkplek vir verstandelik gestremdes gebak.

Dit is nie waar die ondersteuning stop nie, vele ander skenkings is ook aan die werkplek gemaak. Drostdy is ’n nie-winsgewende organisasie en is afhanklik van fondsinsamelings om na die 56 verstandelik gestremdes by die sentrum om te sien.

“Ons was platgeslaan toe die Lotto na baie jare se ondersteuning verlede jaar ons aansoek vir finansiële ondersteuning afgekeur het,” sê Yvonne Barkhuizen, bestuurder van Drostdy Werkplek.

“Een deur het toegegaan, maar ons is dankbaar vir soveel ander deure wat oopgegaan het.”

Buiten die skerp toename van koekiebe-stellings vanuit ander dorpe soos Cradock, Graaff Reinet en Tarkastad, was daar ook ’n aanvraag na die werkplek se houtwerk.

“Community Chest en Goodyear ondersteun ons houtwerk-afdeling met skenkings. Ons is baie dankbaar vir hulle betrokkenheid.”

Ander aktiwiteite by Drostdy wat bydra tot hulle fondse is die naaldwerkafdeling onder leiding van Chrizelda Martin.

“Daar kan verstelwerk gedoen word of selfs kontrakwerk. Dit geld ook vir ons houtwerk-afdeling onder leiding van Lew de Lange sowel as die kombuis. Waar gaan mens nog so ’n lekker swaar tuisgebakte brood vir net R10 kry?”

’n Weldoener uit Kruisrivier het Drostdy werkers genooi om tamaties te gaan pluk wat deur die werkplek verwerk is.

“Dankie, dankie ... daardie tamaties was omtrent soos die weduwee se kruik. Ons het konfyt en tamatiesmoor gemaak tot dit by ons ore uitloop. Dit het goed verkoop en ons fondse aangehelp,” sê Yvonne.

’n Ander weldoener het ’n waterverkoeler aan die werkplek geskenk en daar is vragte klere aan werkers geskenk.

“Ons het geen idee wie dit is nie, toe ons sien staan die watertoestel opgekoppel. Dit is die heerlikste koue water en die werkers geniet dit vreeslik in hierdie somerhitte. Baie dankie aan die skenker!

“Baie dankie aan die sakepersoon op Uitenhage wat ’n bedrag geld inbetaal het vir ons brandstof. En die vulstasie-eienaar wat dié bedrag aanvul om die vervoer van ons werkers te borg. Dit is ’n groot seën,” sê Yvonne.

Huidiglik is daar ’n Valentynskussing-kompetisie waarvan die trekking op 14 Februarie gehou word en koue poedings wat be-stel kan word.

  • Vir navrae bel Drostdy by 041 992 4195.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.