Dubbel goud vir boogskutters by wêreld-kampioenskappe

2016-08-04 06:00
=Plaaslike junior boogskutters (agter van links) Duncan Booyens, Ruan Hall en Ernest Beneke van HTS Daniel Pienaar, Schimonique Badenhorst (Hoërskool Brandwag), Renata Potgieter, Monré Crouse en Zander Grassman van HTS Daniel Pienaar en Conrad du Plessis (Hoërskool Despatch). Voor is JP Strydom en Frikkie du Plessis van HTS Daniel Pienaar.            Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tien junior boogskutters van Uitenhage en Despatch het aan die wêreldboogskiet-kampioenskappe in die Drakensberge deel- geneem en goue medaljes gewen.

Al tien skuts is lede van die Kwagga-boogskietklub en is vir die Suid-Afrikaanse Centre Shot span gekies wat teen ander lande se ontwikkelingspanne meegeding het.

Die plaaslike skuts het uitstekend gevaar en was die wenners van die spankompetisies in die 2D- (bull’s eye) en 3D-afdelings. Hiermee is hulle dan wêreldkampioene in hierdie afdelings en hulle het ook goue medaljes vir hulle prestasies ontvang.

Agt van dié leerders is van die Hoër Teg-niese Skool Daniel Pienaar, met een leerder elk van die Hoërskool Brandwag en Hoërskool Despatch.

Monré Crouse van die HTS Daniel Pienaar het uitstekend gevaar in die individuele afdelings. Hy wen ’n goue medalje in die 2D en ‘n brons medalje in die 3D. Monré het ‘n ge-middelde telling van 283.2 uit 300 oor die ses rondtes in die 2D-afdeling behaal.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.