Duisende pannekoeke ter viering van lente

2017-08-24 06:00
=Hier is van die helpers en bakkers wat volgende week 4 000 pannekoeke gaan bak. Van links is Dolle Geldenhuys (een van die bakkers), Charlotte Vlooh, Adri Stander, Piet Fourie, Akker van den Berg en Ansie Barnard.                              Foto:HEILIE COMBRINCK

=Hier is van die helpers en bakkers wat volgende week 4 000 pannekoeke gaan bak. Van links is Dolle Geldenhuys (een van die bakkers), Charlotte Vlooh, Adri Stander, Piet Fourie, Akker van den Berg en Ansie Barnard. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Om 4 000 pannekoeke te bak het jy onder meer sowat 640 eiers en 100kg koekmeel nodig, natuurlik ook al die ander bestanddele in groot hoeveelhede en dan, die belangrikste, ’n hele paar raakvat hande wat wéét hoe om te bak!

Op Despatch gaan die geur van pannekoeke deur die strate rondom NGK Despatch-Suid trek wanneer die gemeente volgende Donderdag, 31 Augustus begin met hulle Pannekoekfees. Op dié dag word daar gebak vir bestellings uit die Baai en op Lentedag, 1 September, word pannekoeke gebak vir bestellings van Despatchers en Uitenhagers. Oor die toonbank verkope is op Vrydag, 1 September vanaf 12:00 tot 18:00. Soos in die verlede is daar verskillende vulsels om van te kies. Vir die souttande is daar hoendermayo of maalvleis en vir die soettande piesang & karamel of tradisionele kaneelsuiker-pannekoeke.

  • Bestellings vir pannekoeke kan by Catrien geplaas word (041 933 3432) en dit sluit eerskomende Maandag.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.