Elke vergete ashoop, slagveld vertel ’n storie

2017-11-09 06:00
=Lukas van der Merwe, eienaar van Mount Ingwe in Elandsrivier, het sy unieke Metaalverklikker Inligtinsentrum, bykans ’n dekade terug begin.      Fotos:MONIQUE BASSON

=Lukas van der Merwe, eienaar van Mount Ingwe in Elandsrivier, het sy unieke Metaalverklikker Inligtinsentrum, bykans ’n dekade terug begin. Fotos:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die gryskopman leun effens vorentoe, sy lyf en stem die ene dringendheid: “Elke ashoop vertel ’n storie, dit is soos ’n tydkapsule wat oopmaak en die lang-vergete skatte van ons ryk en soms bloedige verlede ontbloot.”

Maar Lukas van der Merwe is geen fortuinsoeker nie. Alles behalwe. Vir hom gaan dit nie oor die geld nie, maar oor die bewaring van die geskiedenis. Al het een van sy medesoekers R2.5 miljoen pond vir ’n Romeinse soldaat-masker ontvang.

Sy Metaalverklikker Inligtingsentrum by Mount Ingwe in Elandsrivier getuig hiervan en veral met die honderde unieke items wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer.

Die begin

Lukas, wat ’n onblusbare passie vir die Anglo-Boereoorlog het, versamel reeds van 13-jarige ouderdom “skatte” met die hulp van ’n metaalverklikker.

“Elke beep-beep geluid dui op ’n moontlike kosbare fonds,” sê Lukas.

Hy grawe al vir die afgelope 36 jaar regoor die land vir skatte en reël vir die laaste 31 jaar metaalverklikker-ekspedisies na verskillende slagvelde. Hy gee die versekering dat hulle nooit by nasionale monumente of grafte grawe nie. Die besonderhede (naam, tyd en plek) van elke item wat gevind word teken hy sorgvuldig aan.

“Nagenoeg 60% van alle waardevolle items wat ons uithaal, kry ’n spesiale plek in een van die uitstalkaste by die sentrum. Verder skenk ons 40% van ons fondse aan die plaaslike dorp waar ons grawe.”

Metaalverklikker Inligtingsentrum

Vandag spog die Metaalverklikker Inligtingsentrum met ’n hele paar “enigstes ter wêreld”. Sonderlinge versamelaarsitems wat slegs hier te sien is.

Van die Romeinse muntstukke uit Engeland dateer so ver terug as 3 000 jaar voor Christus. Daar is ’n kopermuntstuk geslaan tydens die bewind van Koning James I van Engeland (1603-1625), muntstukke van 1797, medaljes wat uit 1879 dateer en naamplaatjies uit 1894.

Die waardevolle Anglo-Boereoorlog erfenisskatte sluit in infanteriegewere, perkus-siedoppe, agterlaaiers, medaljes, muntstukke, goue ponde, kanonpenne, koeëls, dubbeltjies, gereedskap, naamplaatjies, slotte en krane.

Sy gunsteling item? “Dit is moeilik om een item uit te sonder. Alles in die sentrum is vir my interessant. Elke item vertel ’n storie, hetsy dit ’n storie van oorwinning of groot neerslae is.

“Daar is selfs ’n perdehoef. Soldate moes die uniek-genommerde perdehoef van hul gevalle makkers indien in ruil vir ’n nuwe perd.”

“Op skool het ek nie eers van geskiedenis gehou nie. Nou kan ek nie genoeg navorsing doen nie. Ek ken die geskiedenis van elke item hier,” sê Lukas.

Nóg skatte

Van die ander interessante items wat hy in sy omswerwinge gevind het sluit in ’n mondfluitjie, valstande, horlosies, ringe, kamme, blikkies, kleipotte en bottels.

Dan is daar die bootvormige Keltiese wedeslyper soos uitgebeeld deur Mel Gibson in die bekende film Braveheart, asook die Keltiese silwermuntstuk wat uit die eerste eeu voor Christus dateer.

“Met die leegmaak van Lake Robinson het ons 6 000 ou munte, 500 goue ringe en emmers vol geld gekry. Ook ’n hele paar valstande.

“Een van die ringe kon ons aan sy regmatige eienaar terugbesorg. ’n Hele 58 jaar later. Hy het dit op 17-jarige ouderom daar verloor.”

Die sentrum spog verder met gereedskap van die ystertydperk en items van die steen- brons- en Victoriaanse tydperk.

Wie weet, dalk vind hy nog die Kruger-miljoene wat meer as ’n eeu gelede geheimsinnig verdwyn het?

  • Soldate, oudsoldate en mense wat in die Anglo-Boereoorlog belangstel, kan Lukas bel by 079 888 6337 of 082 072 7747. Vir meer inligting, besoek www.mountingwe.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.