Gaan ry veldvastrap saam met die Karoo-manne

2016-04-21 06:00
<Vir die leek lyk dit na groot moeilikheid, maar Cradock se 4x4-manne glo dit is hoe dit hoort. Hulle bied hierdie maand nog ’n ope dag op die plaas De Doorns aan.  Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Om lid te wees van die Cradock-4x4-klub (C4x4C) is beter as enige vakansie. Jy kom op plekke waar ander mense nooit kom nie.”

Johan Opperman weet waarvan hy praat – hy is immers die voorsitter van die klub.

Alle bestuurders kan aan hierdie pret kom deelneem en die klub nooi diegene wat hul vastrapvoertuie tot die uiterste wil toets om van 29 April tot 1 Mei ’n ope dag op die plaas De Doorns, 12 km buite Cradock, by te woon.

Die 4x4-roetes maak voorsiening vir die sagtebaarde, hardebaarde en selfs doringdrade.

Van die lekker uitstappies wat die C4xC4 die afgelope maande aangebied het, was een vir 36 besoekers van Graaff-Reinet, Oos-London, Port Elizabeth en Grahamstad wat op nasionale braaidag hul vaardighede teen die styl hange van die Swaershoekberge getoets het.

Die kroon van die klub se jaar is gespan met ’n naweek saam met die lede van die Amatola Off-Road Club toe hulle Bobbejaanpas in Lesotho aangedurf het. Die eerste gedeelte was redelik begaanbaar in bobbejaanterme, maar die volgende dag het dit rof geraak.

Om 24 km op Bobbejaanpas te ry het die deelnemers twee dae geneem en dit was twee dae van slote, klippe, afgronde en baie adrenalien!

Die voertuie moes omtrent spring van klip tot klip en Go­liat se Rots (sy naam spreek vanself) was ’n fenomenale uitdaging.

Gedurende die eerste naweek van November het die lede die winterroes van die wiele afgery en die ou diesel in die 4x4’s se tenks bietjie opgeklits met ’n uitstappie duskant Uitenhage in die Elandsriviervalei by The Meadows, waar lekker water-uitdagings aangepak is.

Die nuwe jaar is ingelui met ’n manne- naweek in ’n hoogs geheime bestemming.

Alle 4x4 entoesiaste word uitgenooi na die viertrekvastrap by Cradock. Kampgeriewe met warm water en spoeltoilette is beskikbaar.

  • Belangstellendes kan André bel by 082 651 8958 of Bernard by 081 317 7442 of kontak die klub by Cradock4x4@r63.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.