Gemeenskap wil buurt ‘omkeer’ met beroepsdag

2016-09-22 06:00
=’n Beroepsdag word in Rosedale gehou in ’n poging om die jeug loopbaankoers te laat kry. Dié dag word deur die John Walton Buurtwag gereël. Hier is van die organiseerders en buurtwaglede (van links) Bertram Minnaar, Lawrence Radcliffe en Michael Nelson.  Foto: HEILIE COMBRINCK

=’n Beroepsdag word in Rosedale gehou in ’n poging om die jeug loopbaankoers te laat kry. Dié dag word deur die John Walton Buurtwag gereël. Hier is van die organiseerders en buurtwaglede (van links) Bertram Minnaar, Lawrence Radcliffe en Michael Nelson. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tot hiertoe en nie verder nie! Só voel inwoners van Rosedale in die John Walton skool area teenoor kriminele, morsjorse en werkloosheid.

Die John Walton Area Buurtwag is ’n paar maande gelede gestig in ’n poging om die skerp toename in huisinbrake, inbrake in motors en misdaad in die algemeen hok te slaan.

“Die geleeglê van onaktiewe jeug is as ’n groot probleem geïdentifiseer en ons wil die situasie omkeer,” sê Michael Nelson, ’n lid van die buurtwag.

Een van die maniere om die situasie bloedneus te slaan was om ’n sporttoernooi met verskeie sportkodes, vir die jeug aan te bied tydens die vorige skoolvakansie.

“Plaaslike besighede en mense in ons gemeenskap het dit geborg en dit was ’n reuse sukses,” sê Lawrence Radcliffe, ondervoorsitter van die buurtwag.

Volgens dié bekende oud-leerkrag, is werkloosheid die direkte oorsaak van mense se doellose geleeglê. Om hierdie sosiale euwel aan te spreek het die buurtwag besluit om ’n beroepsdag te reël.

Beroepsdag vir beter toekoms

Dié beroepsdag word op 29 September vanaf 09:00 tot 13:00 by John Walton Hoërskool gehou. Graad 9 tot 12 leerders van omliggende skole sowel as hul ouers is formeel uitgenooi.

“Ouers se betrokkenheid is absoluut noodsaaklik. Ons moedig dit aan sodat hulle saam met hul kinders ingeligte beroepskeuses kan neem,” sê Bertam Minnaar, ’n lid van die buurtwag as-ook lektor by EastCape Midlands College.

“Dit is veral belangrik dat ouers en leerders ingelig word oor die beskikbaarheid van beurse en studielenings, aangesien baie mense in ons gemeenskap behoeftig is.

“Ons nooi ook alle werklose jeugdiges én hulle ouers om hier te kom inloer en uit te vind hoe hulle hul loopbane op koers kan kry.”

Wie is by beroepsdag?

Staatsinstansies soos die brandweer, vloot, polisie, weermag, verkeersdepartement en inrigtings soos die Uitenhage Provinsiale Hospitaal, EastCape Midlands College, NNMU en PE College sal teenwoordig wees. Harambee is ook daar; hulle spesialiseer in intreewerksgeleenthede vir mense tussen die ouderdomme van 18 en 28 jaar.

  • Vir meer inligting oor die buurtwag en beroepsdag bel Michael Nelson by 081 494 5624 of Bertram Minnaar 083 286 1244.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.