Gevleuelde ridders en sierduiwe by skou te sien

2016-03-31 06:00
<Neil Chalmers (regs) is ’n beoordelaar by die duiwe-skou in die afdeling vir wedvlugduiwe. Hier wys hy sy wenduif waarmee hy ’n motor gewen het. By hom is Shane Gerber, voorsitter van die Metro Vliegduifklub in die Baai.       Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“‘n Mej. Suid-Afrika is nie noodwendig ‘n uithaler atleet nie, maar by wedvlugduiwe is die mooiste dikwels ook die beste.”

Só sê Stefan Strydom, na aanleiding van die duiweskou wat eersdaags deur die wedvlug-duiweboere van die Oos Kaap saam met die Port Elizabeth Sierduif Federasie gehou word.

Dié skou op Saterdag, 9 April by Humepark, Humerail, word met die goedkeuring en onder die vaandels van die SA Nasionale Posduif en Sierduif Organisasies aangebied.

“By wedvlug-duiweboere is die strewe om duiwe met die mees perfekte balans, bouvorm en fisiese eienskappe te teel wat nodig is om ons gevleuelde ridders van die ruimte in staat te stel om lang afstande teen hoë snelhede af te lê.

“Alhoewel daar inherente eienskappe soos stamina, spoed en rigtingsin is wat nie met die blote oog waargeneem kan word nie, is daar tog vele fisiese eienskappe waar uiterlike skoonheid en vliegvermoeëns hand aan hand gaan.

“Vir die sierduif-manne gaan dit nie oor vliegvermoë nie, maar oor die rare eienskappe van die magdom verskillende eksotiese tipes sierduiwe. En ook hoe om die eienskappe wat eie is aan elke sierduifsoort, volgens elke soort se standaard te teel en suiwer te bewaar,” sê Strydom.

Die publiek is welkom om die skou by te woon en die wye verskeidenheid van kleure en tipes duiwe van nader te besigtig.

“’n Mens staan verbysterd oor die verskillende soorte en tipes sierduiwe en wat die sierduif-manne as skou spesialiste kan vermag,” sê Strydom.

Hy meen die een aspek wat alle duiweboere in gemeen het, is die liefde vir hul duiwe en die strewe na perfeksie om in sy eie agterplaas ‘n kampioen te teel.

“Om na ‘n harde werksdag terug te keer na die natuur, af te skakel van die dag se probleme, jou duiwe te voer en te versorg - is waarom elke duiweboer jou sal vertel, ‘in my duiwehok het ek rus en vrede vir my siel’”.

Bring die vroue, kinders en sommer oupa en ouma ook saam na ‘n interessante dag van duiwe wat nie aldag gesien word nie.

(-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.