Gewilde Elandsrivier plaasbasaar om die draai

2019-08-22 06:00

DIE gewilde Elandsrivier plaasbasaar wat jaarliks deur die vallei se NG-gemeente aangebied word, beloof om weer net die geleentheid te wees om vars produkte aan te skaf en lekker saam te kuier.

Volgens Sunelle Whitehead, een van die organiseerders, is dit die gemeente se derde kerkbasaar sedert hulle die kerk herstel het en weer ingebruik geneem het.

Die basaar word by Fitches Corner, Rocklands gehou, aangesien die kerk ver in die vallei is en die grondpad ietwat sleg is.

Basaargangers kan hul mandjies inpak want daar gaan vragte vars groente, ’n verskeidenheid vleise sowel as al die tradisionele basaarlekkernye en varsgebak wees.

Die basaar word op Saterdag, 7 September gehou vanaf 08:30 tot die voorraad hou.

Vir meer inligting bel Sunelle Whitehead by 082 458 9699.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.