Grobler se nuwe kinderboek ‘gooi’ met avontuur

2019-08-08 06:00
Mari Grobler is mal oor katte en die meeste van haar boeke, soos met Bella en Sebastiaan, het katte as kleurryke karakters.    Foto: HEILIE COMBRINCK

Mari Grobler is mal oor katte en die meeste van haar boeke, soos met Bella en Sebastiaan, het katte as kleurryke karakters. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOOR is iets wat Mari Grobler graag sou wou doen. Veral om alle mense op aarde te toor om in vrede te leef. Dié towerstaf het sy ongelukkig nie.

Waarmee sy wél toor, is met woorde en dít skemer duidelik deur in haar jongste kinderboek, Bella en Sebastiaan, pas uitgereik deur Tafelberg Uitgewers.

Haar inspirasie vir dié boek was Theuns Botes (11), ’n vriendin van haar se seun wat tussen boeke grootgeword het.

“Hy het gesê ek moet ’n boek skryf wat góói. Dit moet nie boring wees nie en daar moet baie action wees,” sê Mari glimlaggend, “Toe gebeur dit met Bella en Sebastiaan. Dit was ’n heerlike skryfavontuur.

“En toe Sebastiaan die kat eers in my kop begin lewe kry, toe sien ek hierdie meisiekind met haar skaats-plank. Daarna het die een na die ander storie net gebeur. Dié boek het siel.”

Theuns, wat die boek klaar gelees het, knik sy kop instemmend. “Dit is ’n baie lekker boek. Sommer vin-nig toe is daar aksie. Hierdie boek gooi rêrig!”

Bella en haar astrante kat Sebastiaan woon op Wag-’n-Bietjie en hul stories is propvol avontuur, humor, kattekwaad en fantasie.

Bella ken ’n paar parmantige toortruuks en neem deel aan die dorp se talentkonsert met verrassende gevolge. Wanneer sy vir Sebastiaan vir ’n katteskou inskryf, is daar katastrofiese gevolge. En wanneer Bella besluit sy gaan ’n kamera-bril dra as ’n “misterieuse koper,” moet die diewe ligloop op die dorp.

Buiten skryf, is Mari ook ’n beel-dende kunstenaar en sê haar kuns, musiek en ballet (wat sy vroeër in haar lewe gedoen het) help om haar woorde visueel te maak en ritme te gee.

“Dit laat my woorde sing en dans. Niks wat ’n mens in die lewe leer, is om dowe neute nie. Iewers pas dit perfek in plek,” sê Mari.

Bella en Sebastian is ’n lekkerlees ervaring vir seuns en meisies van graad 3 tot 7. Dit bied ook lekker ontsnapping vir grootmense wat wens dat daar abrakadabra! ... vrede op aarde bewerkstellig kan word.

Alex van Houwelingen se illustrasies van Bella en Sebastiaan is fassinerend - die boeiende sketse gee die storie nog meer lewe.

Bella en Sebastiaan is “geskep” in Mari se sondeurdrenkte skryfkamer, in haar en haar man Danie se huis op Uitenhage. Daar sit sy op ’n antieke kerkstoeltjie by ’n ewe ou skryftafeltjie en werk. Regs van haar hang al haar ATKV- en MER-toekennings. Voor haar, waar sy van haar werk opkyk, is geraamde foto’s van Nelson Rolihlahla Mandela.

“Hy het my soveel lewenslesse ge-leer. Moenie haat nie. Never stop trying. Kyk op na ’n kind en nie af nie,” verduidelik Mari.

Madiba is haar inspirasie vir kinderboeke, voeg sy by.

Mari is tans besig met vier boeke, waarvan een pas uitgegee is en drie by die uitgewers is. Sy het al verskeie boeke by Tafelberg en Lapa gepubliseer. As gevestigde digter het sy drie digbundels uitgegee, met verskeie romanses agter haar naam en ’n hele lys kinderboeke.

Mari sê as sy 70 word, wil sy soos Bella skaatsplank ry.

“Ek het ’n ding vir ’n skaatsplank. Ek gaan vir my hoë oprygtekkies kry en skelmpies leer skaats. ’n Ouma is ’n culprit in action en dit is wat ek is.”

Bella en Sebastiaan is beskikbaar by die Baaise boekwinkels Fogartys, Exclusive Books Walmer, Bargain Books in Moffett On Main, Baywest en in Jeffreysbaai.

Wen ’n Bella en Sebastiaan boek

Vyf gelukkige UD Express-lesers kan elk ’n Bella en Sebastiaan boek wen met komplimente van Tafelberg. Gaan loer in by die UD Express se Facebook-blad en volg die instruksies oor hoe om in te skryf.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.