‘Groen kar’ máák seun se skoolafskeid

2017-11-23 06:00
=Anwar Jordaan van Reservoir Hills by die “apple candy” groen Mazda RX7 van Louis Swanepoel waarmee hy na sy skoolafskeid geneem is.                 Fotos:HEILIE COMBRINCK

=Anwar Jordaan van Reservoir Hills by die “apple candy” groen Mazda RX7 van Louis Swanepoel waarmee hy na sy skoolafskeid geneem is. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Plat, kragtige, helder-appelgroen vuurwa het ’n skoolverlater heel aand met ’n breë glimlag laat sit by sy skool se afskeidsfunksie.

Dié breë glimlag se aanloop het begin toe Awan Jordaan vir Frans Swanepoel in Despatch Superspar voorgekeer het en gevra het of hy nie ’n mooi kar het om sy broer, Anwar Jordaan, na sy skool se afskeid te neem nie.

“Ek’t gesê hy moet my net kans gee. Daar is ’n klomp ouens hier op Despatch wat baie mooi karre het. Maar ek moet eers by hulle gaan hoor of hulle sy broer se dag kan maak!” sê Frans Swanepoel, wat bekend is vir sy humanitêre werk op Despatch.

Anwar is 18-jaar oud en sy skooljare by Sunshine Special School het nou tot ’n einde gekom. Beide sy ouers is ’n paar jaar gelede oorlede en hy woon om die beurt by sy ouer broer en susters.

Frans het die groenlig by Louis Swanepoel, ook ’n Despatcher, gekry het om sy Mazda RX7 FD3S te gebruik.

“Ek’t Awan se been getrek en hom laat weet ek het ’n Caddy gekry. Hy het lank weggebly en toe kom sê hy ‘daai een is cool, maar is daar nie ’n ander kar nie’. Toe wys ek vir hom die groen Mazda RX7 en al wat hy gesê het was joh, joh, joh, eh-eh ... great stuff!

“Kyk, ek het lanklaas so ’n netjiese kar gesien. Ek dink hy het iets soos 12 lae verf op hom en die waarde is ’n miljoen en ’n half rand. Die klanksisteem is iets verskrikliks! Dit is regtig ’n hoendervleis-kry mooi kar,” sê Frans.

Louis Swanepoel sê hy het twee-jaar-en-agt-maande aan dié 1995 Mazda RX7 FD3s met sy twin rotor en twin turbo gewerk. Hy is bekend in motorfietskringe vir sy uitstekende spuitverfkuns.

Juan Swanepoel het Anwar in Reservoir Hills gaan opgelaai ten aanskoue van ’n skare mense. Die oomblik toe Anwar by die huis uitstap, op ’n rooi tapyt, en die groen Mazda RX7 sien, was die jongman se glimlag te breed vir sy gesig.

“Anwar is baie spesiaal vir ons en daarom het ons besluit om sy skoolafskeid ’n groot ding te maak. Ek is eintlik baie hartseer, maar ek weet my ma kyk van bo af en sy is baie trots op wat ons vir haar kind gedoen het,” het Awan gesê.

Die Jordaan-familie sê graag dankie aan die Swanepoels asook aan hulle familie, vriende en bure vir elkeen se aandeel in Anwar se onvergeetlike skoolafskeid.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.