Grondgrypers rig wéér strukture op

2018-11-29 06:01
=’n Polisievoertuig en beamptes staan verlede Donderdag op die toneel waar grondgrypers se informele huise naby Despatch afgebreek word.       Foto: Lulama Zenzile

=’n Polisievoertuig en beamptes staan verlede Donderdag op die toneel waar grondgrypers se informele huise naby Despatch afgebreek word. Foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ná weke se onwettige ontbossing en oprig van informele huise naby Despatch, het die Nelson Mandelabaai-metro verlede Donderdag opgetree.

’n Klein groep amptenare het omstreeks 09:00 met vragmotors en stootskrapers inbeweeg om strukture af te breek en grondbesetters te verjaag.

Dit volg nadat grondgrypers op ’n stuk munisipale grond tussen die R75 en R367 by Despatch ingetrek het. Sedert die begin van November het dié mense die gebied begin ontbos deur drie plaaslike konstruksiemaatskappye vir hul stootskraperdienste te betaal.

Teen Dinsdag-oggend, 27 November, was die grondbesetters weer terug en druk besig om informele huise op te rig.

Margaret Befile, ’n gemeenskapsleier en een van die dryfkragte agter die grondgrype, het tydens die afbreek van die strukture gesê sy aanvaar nie die munisipaliteit se optrede nie.

“Ons gaan herbou. Ons gaan die polisie besig hou tot Desember toe. Totdat ek iets op skrif sien, sal ek voortgaan. Ek het nog geen hofbevel gesien wat ons van die grond verjaag nie.

Sy het haar voorgeneem om weer terug te trek en ’n huis op te rig.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die situasie tydens die afbreek van strukture was onder beheer en die polisie het nie nodig gehad om op te tree nie.

By navraag het Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, gesê daar is 300 onwettige onvoltooide strukture afgebreek.

“Geen mense is uit huise gesit nie, want daar het nog niemand daar gewoon nie,” het Mniki gesê.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.