Groot liefde én gras sny ... dit werk

2019-05-30 06:01
HEEL BO: Chris Palframan besig om die groenstrook se gras te sny. BO: Chris met sy ander liefde, Coke. ONDER: Chris en sy groot liefde Corrie met hul troudagfoto en hul geliefde worshondjie. Fotos:HEILIE COMBRINCK

HEEL BO: Chris Palframan besig om die groenstrook se gras te sny. BO: Chris met sy ander liefde, Coke. ONDER: Chris en sy groot liefde Corrie met hul troudagfoto en hul geliefde worshondjie. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WANNEER Chris Palframan (70) van Despatch se pyn ondraaglik raak, vat hy sy grassnyer en spring aan die werk.

“Gras sny is vir my lekker, dit hou my ge-dagtes weg van my probleme,” verduidelik die afgetrede sakeman en motorwerktuigkundige.

Chris moes al verskeie operasies in sy lewe ondergaan ná ‘n mislukte mantelvliesoperasie, hy was in ‘n ernstige motorongeluk en het in ‘n besering aan diens drie van sy linkerhand se vingers verloor. Sy maag is ook verwyder nadat maagkanker by hom gediagnoseer is, gevolglik kan hy net ’n bietjie fyn verwerkte kos soos sop eet.

“Ten spyte van al die ellende wat my man moes deurgaan, staan sy hande vir niks verkeerd nie,” sê sy vrou, Corrie.

“Hy geniet dit veral om gras te sny. Dit het alles begin toe hy ‘n stukkie gras aangeplant het vir ons hondjie en daarna aan die buite-kant van die erf ook gras geplant het. Die area wat gesny moet word, raak net groter en groter - dit lyk so mooi!”

Chris sê dit neem hom so twee ure om dié gras te sny.

Die ander liefde in sy lewe is Coke.

Die dokters het al baie geraas oor sy Coke-drinkery, sê Corrie. “Dan lag hy net en sê dit is sy suiker en energie en hy gaan nie ophou Coke drink nie. Ek drink glad nie Coke nie, net moerkoffie.”

Chris drink tussen twee en vier liter Coke per dag.

“Dokters bly vir my sê ek moet die Coke los. Maar as ek dit gaan doen, sal ek dood gaan. Weens my situasie sonder ‘n maag eet ek nie in die dag nie, net saans. So, die Coke gee my energie en vat my deur die dag,” sê Chris.

Maar wat hom regtig deur elke dag neem, is sy liefde vir Corrie.

Die Palframans is 48 jaar getroud. Die groot ironie is dat hulle mekaar ontmoet het nadat elkeen afsonderlik nog baie broos was ná ’n liefdesteleurstelling.

Corrie onthou hul eerste ontmoeting soos gister.

“Ek was tranerig en het in ‘n tuin op ‘n bankie gesit. Die volgende oomblik sien ek ‘n bruin skoen wat langs my neergeplak word. Toe ek opkyk, kyk ek vas in die mooiste blou oë agter ‘n deurmekaar blonde kuif.”

Net die dood sal hul skei, sê sy.

“En tot daardie dag sal ek na hom omsien. Ek doen dit nie omdat ek moet nie, maar omdat hy my alles is en ek baie lief is vir hom,” sê Corrie.

Dis sy groot liefde vir Corrie wat hom aan die gang hou, sluit Chris by sy vrou aan.

“Ek het ‘n baie, baie goeie vrou vir wie ek oneindig lief is. Op ’n stadium in my lewe kon ek nie eet of loop nie. Sy het my met ‘n teelepel gevoer en weer geleer loop.

“Dit is my vrou, die gras sny en Coke drink wat my aan die gang hou en hoop gee vir elke dag.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.