Help doppies optel vir goeie doel

2019-02-21 06:00
=Louis van der Walt (86) is ’n ywerige doppieopteller. Hy wil plastiekbesoedeling se “doppie laat klink” en moedig die publiek aan om koeldrankbotteldoppies op te tel vir herwinningsprojekte.                                                Foto:HEILIE COMBRINCK

=Louis van der Walt (86) is ’n ywerige doppieopteller. Hy wil plastiekbesoedeling se “doppie laat klink” en moedig die publiek aan om koeldrankbotteldoppies op te tel vir herwinningsprojekte. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

RUIM op! Dit is vanjaar die projektema van VLV Kaapland met die doel om die gevare van besoedeling teen te werk en herwinnings- projekte te ondersteun.

Plastiek is die grootste vernietiger van seelewe in oseane wêreldwyd. Onder dié plastiek is koeldrankdoppies, strooitjies, stokkie-lekker-stokkies en oorpluisiestokkies van die grootste besoedelaars.

VLV-takke pak landwyd vanjaar dié stryd teen plastiekbesoedeling aan.

“Ons wil graag hê dat mense van Uitenhage en Despatch meer betrokke moet raak by herwinning. Plastiek is die omgewing se grootste besoedelingsprobleem,” sê Marietjie van der Walt van VLV Carpe Diem-tak.

Dié koeldrankdoppies moet in 2 liter koeldrankbottels gegooi word deur ’n klein opening bo teen die bottel se rand te sny.

“Dit neem ’n doppie ongeveer 100 jaar om te disintigreer en dan is dit nogsteeds deel van die aarde.”

Vir elke 2 liter koeldrankbottel vol doppies wat by die herwinningsfabriek ingehandig word, word R1 geskenk aan ’n instansie wat omsien na vroue en kinders wat slagoffers is van seksuele misdade.

Herwonne plastiekdoppies word gebruik vir die vervaardiging van tuinmeubels, loopplanke en verskeie ander items. Indirek dra dié herwinning by tot werkskepping.

Plastiek broodsakkieknippies word ook afsonderlik bymekaar gemaak vir ’n rolstoelprojek.

Alle ander herwinbare plastiek word ingesamel om die Mula-herwinningsprojek by Allanridge-gemeenskapsaal op Uitenhage te ondersteun.

“Elkeen van ons het ’n verantwoordelik-heid teenoor die aarde, ons moet ons deel doen al is dit op kleinskaal,” sê Van der Walt.

Twee-liter bottels vol doppies kan by die UD Express kantoor in Graaff Reinetweg afgegee word.

  • Ander instansies op Despatch en Uitenhage wat gewillig is om as aflewerings- punte te dien van bottels vol doppies word versoek om Marietjie van der Walt te bel by 082 550 0887.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.