Help vul Sonop leerderraad se omgee-kis

2019-05-30 06:00
=Laerskool Sonop se leerderraad van 2019 by hulle Omgee-projek se kis waarin mense winterklere, nie-bederfbare kosse en troeteldierkos kan sit.                                                       Foto:HEILIE COMBRINCK

=Laerskool Sonop se leerderraad van 2019 by hulle Omgee-projek se kis waarin mense winterklere, nie-bederfbare kosse en troeteldierkos kan sit. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LAERSKOOL Sonop glo in karakterbou en die kweek van leerders wat hul plek met waardigheid, respek en verantwoordelikheid in die samelewing kan volstaan.

Daarom het die leerderraad van 2019 die inisiatief geneem om hul jaar van leierskap aan te pak onder die tema “Omgee”.

Die 30 dae Pay It Forward-projek wat onlangs op Despatch, Uitenhage en Kirkwood aangebied is, waartydens die gemeenskap uitgedaag is om ‘n goeie daad elke dag te doen, het die leerderraad net nog meer geïnspireer.

“Ons weet dat dit beter en lekkerder is om te gee as om te ontvang.

“En dat daar ’n verantwoordelikheid op ons elkeen is om te dien en om te gee,” sê skoolhoof Marius Kleyn.

“Ons wil graag help om verligting te bring en bystand te verleen waar dit broodnodig is.

“Daarom nooi ons die gemeenskap uit om saam met ons hul harte en kaste oop te maak en te help om so bietjie warmte en omgee te saai.”

Die publiek word versoek om goeie gebruikte klere of items wat nie meer gebruik word nie en dalk vir iemand anders van nut kan wees aan die leerderraad se omgee-projek te skenk.

Enige items is welkom, maar hul soek veral ou klere, komberse, serpe, musse, nie-bederfbare kosse sowel as honde- en katkos.

  • Items kan by Sonop se ontvangs afgelewer word tot en met 7 Junie. Vir meer inligting bel Natalie of Vicki by 041 933 1585.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.