Helpende Hand gholfdag om studente by te staan

2018-08-23 06:00
Rudi Koertzen. Foto: VERSKAF

Rudi Koertzen. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Solidariteit Helpende Hand se Uitenhage-tak hou op 1 September ’n gholfdag by die Uitenhage Gholfklub in samewerking met die Setperk Legendes-tak van Helpende Hand.

Die gholfdag sal dien as ’n fondsinsameling vir die Helpende Hand Uitenhage Gemeenskap Studiefonds.

Die Ons Winkel in Uitenhage se fondse het vanjaar gesorg dat die Gemeenskap Studiefonds gestig kon word en in 2018 is een student voorsien van ’n rentevrye studielening.

Met die gholfdag beoog hulle om genoeg fondse in te samel om nog studente te kan ondersteun in 2019.

Helpende Hand se Studiefondssentrum ken rentevrye studielenings aan studente toe wat hulle dan weer begin terugbetaal sodra hulle afgestudeer het.

Hierdie manier van werk sorg weer dat Helpende Hand ’n volhoubare meganisme kan onderhou waar die een student weer die volgende befonds.

Die gholfdag sal die vorm van “IPS” (Individual Point Stableford) aanneem. Besighede kan ’n setperk of bof borg teen R250 elk en R750 elk vir motorhandelaars. Die inskrywingsgeld vir 4-balle is R1000.

Speel saam met Rudi

Rudi Koertzen, voormalige internasionale krieket skeids-regter sal as gasspreker en tak-beskermheer optree vir die dag. Gholfspelers kan ook ’n aanbod maak om Rudi in te sluit by hul 4-bal.

  • Vir enige borge van ’n setperk, bof, 4-bal of prys, asook enige navrae, kan ’n e-pos ge-stuur word aan marlene@helpendehand.co.za.
  • Studente word ook aangemoedig om voor 30 September 2018 aansoek te doen vir ’n rentevrye studielening by Helpende Hand se studiefondssentrum www.studiefonds.co.za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.