Hoekom jy die mis mis moet ry!

2016-04-28 06:00
Ry asseblief die olifantmis in die Addo-olifant nasionale park mis! Ry jy daardeur, dan kan jy straks “miskruier-massamoord pleeg!                     Fotos: Mariska Spoormaker

Ry asseblief die olifantmis in die Addo-olifant nasionale park mis! Ry jy daardeur, dan kan jy straks “miskruier-massamoord pleeg! Fotos: Mariska Spoormaker

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die kritiek bedreigde vlerklose Addo- miskruier is ’n onmisbare skakel in die Addo-park se gesonde ekologie, maar word ongelukkig nog in hope doodgery wanneer besoekers oor onder meer olifantmis in die pad ry.

Amanda Lamprecht, toergids by Amala Tours, het ’n beroep op die Addo-olifantpark se ereveldwagters gedoen om besoekers baie meer attent te maak op die noodsaak om mis “mis” te ry ten einde vlerklose miskruiers, wat in groot getalle in die mis voorkom, se lewe te spaar.

Die kritiek bedreigde vlerklose Addo-miskruier (Circellium bacchus) het in die 1900’s het dié miskruier nog feitlik oor die hele Suid-Afrika voorgekom, Nou is die Addo-olifantpark en omliggende dele die enigste plek waar ’n mens nog die vlerklose miskruier kan sien.

Hou maar stil by enige hoop olifantmis in die pad en haal die kamera met lang lens of verkyker uit – jy sal die outjies hard aan die woel kry.

Maar nou is dit ongelukkig so dat talle besoekers déúr die mis ry. Ja, daar is padborde wat sê die miskruier het “ryvoorrang”, en ander borde wat die miskruier duidelik wys, maar nêrens staan pertinent ­geskrywe “Moenie deur die olifant- of ander mis ry nie, jy pleeg miskruier-moord!” nie.

As die parkowerhede dit wel sou doen en sou byvoeg dat enige oortreder met tot R5 000 beboet sal word, sal dit iemand soos Amanda verheug, want sy glo baie sterk dat dié “slagting” einde moet kry.

“Met groot ontsteltenis het ek tot vyf platgetrapte miskruiers op een hopie mis in die Addo-olifantpark gesien. Die reeds bedreigde spesie gaan totaal uitgeroei word as elke liewe parkbesoeker nie deeglik bewus gemaak word van die noodsaak om enige mis op die pad mís te ry nie.”

Lamprecht glo besoekers moet nog baie beter hieroor ingelig word.

“Weinig mense lees die pamflette wat hulle by die hekke kry voordat hulle by die park ingaan – indien daar enige is wat dit lees!

“My voorstel sou wees groot kennisgewingborde by die ingangshekke met inligting en foto’s van die miskruiers, en meer borde ook in die park, sodat die besoekers deurentyd daaraan herinner word.”

Ekologies beskou, verdien hulle inderdaad A-graad-beskerming: Omdat die vlerklose Addo-miskruier so groot is, word groot hoeveelhede dieremis deur dié spesie verwerk – ’n belang­rike bydrae tot die omgewing se ekosisteem.

Die miskruier eet en begrawe die dieremis, en dit help om vlieë en parasiete wat in die mis uitbroei, te verminder. Die mis dra op sy beurt by tot die grond se vrugbaarheid en dreineringsvermoë.

Die Addo-miskruier is ’n spesie wat nie kan vlieg nie en waarvan die voortbestaan buite die park bedreig word omdat olifante daar nie meer vrylik rondloop nie.

Dit kom net in die Oos-Kaap voor – van die Kaboegarivier oos van Kirkwood deur die Suurberge en die Addo-olifant Nasionale Park en tot by die Sondagsriviermond.

Die Addo-miskruier maak ook net een kleintjie, soms twee, per broeiseisoen groot.

  • Kyk gerus die pragtige YouTube-video oor die vlerklose Addo-miskruier by dié webadres: goo.gl/OAAaOC.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.