Huis Minette se tannie Dorie ‘pragtig op tagtig’

2018-07-19 06:00
=Doreen Matthews (80) is die huismoeder van een van Huis Minette se huise vir volwasse verstandelik gestremdes. Hier sit sy saam met (voor van links) Chester, Craig en Carol. Agter staan Anel, Mavis Cibi, Isabel, Kevin en JP.                  Foto:HEILIE COMBRINCK

=Doreen Matthews (80) is die huismoeder van een van Huis Minette se huise vir volwasse verstandelik gestremdes. Hier sit sy saam met (voor van links) Chester, Craig en Carol. Agter staan Anel, Mavis Cibi, Isabel, Kevin en JP. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY is vandag 80. Hulle noem haar tannie Dorie, ma of mammie, daar in Huis Minette waar Doreen Matthews as huismoeder omsien na sewe volwasse verstandelik ge-stremde inwoners.

Doreen het dekades gelede haar loopbaan in verpleging begin, maar na die geboorte van haar dogter, wat ook verstandelik ge-stremd was, het sy van beroep verander.

“Die lang ure van verpleging het dit vir my moeilik gemaak om my dogter te versorg. Toe trek ons platteland toe en ek kry ’n werk as posmeester van Alicedale,” sê Doreen vanuit Huis Minette se sonkamer op Uitenhage.

“As posmeester was ons huis naby die klein poskantoortjie en ek kon tussendeur die werk na my dogter omsien. Dit was wonderlike jare.”

Toe, 20 jaar gelede, kom Doreen terug na Uitenhage en begin as huismoeder werk by Huis Minette, ’n geregistreerde nie-wins- gewende organisasie wat deur Gerrie en Isabella Bezuidenhout in 1994 gestig is om om te sien na verstandelike gestremde volwassenes.

Daar is twee huise en in die ander huis op die aangrensende erf word daar na 18 verstandelik gestremde inwoners omgesien.

“Ek versorg die kinders - ons noem hulle kinders - soos my eie. Ek sorg dat hulle ordentlik aantrek, kyk na hulle higiëne, maak vir hulle lekker huiskos, gesels en troos wanneer dit nodig is.

“Omdat my dogter verstandelik gestremd was, is dit my passie om hierdie kinders in liefde te versorg. En húlle onvoorwaardelike liefde hou my aan die lewe,” sê Doreen.

Haar dogter is twee jaar gelede oorlede op die ouderdom van 57 jaar.

Doreen sê sy kan nie alles alleen doen nie en daarom is Mavis Cibi, wat net so lief vir die inwoners is, haar regterhand. Die inwoners help self ook met dagtake in en om die huis. Doreen dien ook op die bestuur.

“Nou en hier - is wat belangrik is. Gister is verby en ons weet nie of môre gaan kom nie. Elke dag is genade van die Here af,” sê Doreen.

Anel, een van die inwoners sê, “Ons gaan vir ma ’n lekker sokkie-sokkie op haar verjaardag hou. Ek het ’n CD-player en ek gaan vir haar Nicholas Louw en Kurt Darren speel. Sy hou van hulle en ons gaan dans!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.