Huise vir ouer persone wat wil afskaal

2016-09-22 06:00
=Die nuwe unieke eiendomsontwikkeling op Despatch, spesifiek vir ouer persone wat in ‘n veilige omgewing wil woon, is volstoom aan die gang. Een van die eenhede word Sondag geskou. Hier is (van links) Nico Oelofse (prinsipaal: Property Explosion eiendomme), Marelise Smit (Property Explosion ), Dennis van Aardt (projekbestuurder) en André Bezuidenhout (Property Explosion).                                                     Foto: HEILIE COMBRINCK

=Die nuwe unieke eiendomsontwikkeling op Despatch, spesifiek vir ouer persone wat in ‘n veilige omgewing wil woon, is volstoom aan die gang. Een van die eenhede word Sondag geskou. Hier is (van links) Nico Oelofse (prinsipaal: Property Explosion eiendomme), Marelise Smit (Property Explosion ), Dennis van Aardt (projekbestuurder) en André Bezuidenhout (Property Explosion). Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die nuwe behuisingsontwikkeling van NG Eendrag-gemeente op Despatch, voorsien in die groeiende behoefte by veral ouer mense, om in ‘n veilige omgewing te woon met bure van dieselfde generasie.

“Daar is ‘n groot behoefte in Despatch se eiendomsmark na kleiner en bekostigbare huise vir ouer mense wat graag wil afskaal,” sê Nico Oelofse, prinsipaal van Property Explosion Eiendomme op Despatch.

Volgens hom gebeur dit soms dat mense verplig word om hul huise op te gee. Die redes hiervoor verskil.

“Soms is dit weens die afsterwe van ‘n gade en dan kan die oorlewende nie meer die huishouding en eiendom onderhou met ‘n klein pensioen nie. Ander kere is dit weens swak gesondheid.

“Van die probleme wat mense ervaar met afskaling is om van hulle meubels ontslae te raak. Dit is ook vir hulle moeilik om hulle ‘los’ te maak van ‘n huis waarin hulle vir baie jare gewoon het.

“Om af te skaal is soms ’n komplekse en emosionele situasie wat deur eiendoms-agente met empatie hanteer moet word.”

Volgens Oelofse bied die nuwe ontwikkeling kleiner moderne huise met ’n klein tuin, veilige omstan-dighede en sekuri-teitsheinings.

Uitleg opsies

Die 38 siersteen-eenhede van die eerste fase ontwikkeling bestaan uit tweeslaapkamer-eenhede met ‘n eie klein omheinde erf (150 m²) waarvan die sy -en agterkante toe is.

Kopers word die keuse gebied van enkel- of dubbel- motorhuise; en een- of twee badkamers. Die uitleg word gedoen soos deur die koper verlang word.

Alle vensters en skuifdeure is van aluminium.

“Eenhede wissel in grootte vanaf 85 m² tot 109 m² met huidige pryse vanaf R585 000 tot R650 000 afhangende van die grootte en geriewe van die eenheid. Die maandelikse heffing is R500,” sê Oelofse.

Vooraf betaalde elektrisiteitsmeters word geïnstalleer asook watermeters om elke eenheid se water verbruik individueel te bepaal.

“Alhoewel die kompleks omhein is en dit geëlektrifiseer is, word elke wooneenheid ook met ‘n alarmstelsel toegerus.”

Volgens Oelofse is twee eenhede reeds voltooi en word vier eenhede tans gebou.

Skouhuis eerskomende Sondag

Property Explosion skou Sondag, 25 September die voltooide eenhede vanaf 14:00 tot 17:00. Skoubordjies kan vanuit Willem Olckersstraat gevolg word tot by die ontwikkeling.

  • Vir meer inligting bel André Bezuidenhout by 083 329 8604 of Marelise Smit by 081 547 1992. (-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.