Hulp vir swanger vroue in nood

2019-08-22 06:01
Johanna George, maatskaplike werker en direkteur van New Life Crisis Pregnancy Centre, wat vroue en meisies met onbeplande swangerskappe bystaan en berading bied.    Foto:HEILIE COMBRINCK

Johanna George, maatskaplike werker en direkteur van New Life Crisis Pregnancy Centre, wat vroue en meisies met onbeplande swangerskappe bystaan en berading bied. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE toenemende getal tienerswangerskappe op Uitenhage is kommerwekkend.

Só sê Johanna George, direkteur van New Life Crisis Pregnancy Centre. By dié sentrum bied vrywilligers die afgelope 21 jaar materiële bystand sowel as emosionele hulp aan vroue en meisies met onbeplande swangerskappe.

“Om ’n 14-jarige meisiekind wat swanger en HIV-positief is, hier te sien aanklop, is hartseer. Maar, dit is hoekom die sentrum daar is – om te help,” sê Johanna, ’n beleërde maatskaplike werker.

New Life vrywilligers besoek plaaslike skole om leerders oor tienerswangerskappe in te lig. Die sentrum se deure is ook drie dae van die week oop vir enigeen wat vir hulp of raad oor ’n swangerskap wil aanklop. Die afgelope boekjaar het sowat 2 000 vroue en meisies die sentrum besoek.

“Dit gaan oor keuses en om verantwoorde- likheid te neem vir dade en besluite. Om seksuele integriteit te handhaaf. Tieners moet weet dat seksuele omgang nie in hul beste belang is nie en dat dit hul hele lewe vorentoe totaal kan verander.”

Volgens Johanna is daar meisies en vroue wat dink ’n aborsie is ’n “maklike uitweg” en hulle neem dus nie die verantwoordelikheid vir die gevolge van hul seksuele dade nie.

“Alhoewel ons gekant is teen aborsies, dwing ons nie ons siening op ander af nie. Daar is ander opsies om te oorweeg, en ons help mammas om die beste besluit in die belang van die baba te neem.

“’n Baba kan gehou word, of daar is pleegsorg-opsies, of ’n baba kan opgegee word vir aanneming deur mense wat in ’n beter situasie is om die baba groot te maak.”

New Life doen ook berading met vroue en meisies wat miskrame gehad het.

“Ons deure staan oop, daar is ore om te luister. Gesprekke is konfidensieël en ons respekteer elke mamma, maak nie saak uit watter omstan-dighede sy kom nie,” sê Johanna.

New Life is afhanklik van vrywilligers se hulp en die publiek se ondersteuning met donasies soos babaklere, doeke, nie-bederfbare babakosse, kombersies en speelgoed. Finansiële bydraes kan ook gemaak word.

“Ons het ook baie gebed nodig. Dit raak ’n mens om op ’n daaglikse basis met soveel hart-seer te deel en om te sien hoe swaar mense kry. Ons staan sterk, maar net soms raak dit te veel,” sê Johanna.

New Life het tans 12 vrywilligers wat tyd in ’n week afstaan om hul dienste gratis aan te bied. Hoe meer vrywilligers daar is, hoe meer dae van die week kan die sentrum sy deure oophou om dié noodsaaklike diens aan die gemeenskap te lewer.

  • Die sentrum is by Caledonstraat 130, Uitenhage, en is op Dinsdae en Donderdae van 09:00 tot 13:00 oop en Woensdae 09:00 tot 15:30. Vir meer inligting, bel die sentrum by 041 991 0217.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.