Jazztown - om lief en lus te raak vir lees

2018-06-21 06:00
=Hier gee Bruce Koopman (regs) van ATKV Edit-tak een van die Jazztown nuusbrief se eerste uitgawes aan Gerald Smith se mees bejaarde inwoners, oom Sammy (91) en tannie Sannie Carolus.                                                Foto:VERSKAF

=Hier gee Bruce Koopman (regs) van ATKV Edit-tak een van die Jazztown nuusbrief se eerste uitgawes aan Gerald Smith se mees bejaarde inwoners, oom Sammy (91) en tannie Sannie Carolus. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AL gehoor van die Jazztown nuusbrief? Dit is ’n inisiatief van ATKV Edik-tak en is propvol lekker-lees plaaslike nuus oor Gerald Smith en sy mense.

ATKV-lid Bruce Koopman, wat al op nasionale vlak van dié vereniging erkenning geniet het vir sy rol in die gemeenskap om Afrikaans te laat floreer, het met die idee van so ’n nuusbrief vorendag gekom.

“Ons doel met Jazztown is om al die positiewe en goeie stories te vertel. Die nuusbrief moet ook dien as as ’n waardevolle inligtingsbron vir ons mense,” sê Koopman.

Waar kom die naam Jazztown vandaan? Koopman vertel dat Gerald Smith al vir jare bekendstaan as Jazztown.

“Hier is baie musiekmense in Gerald Smith. Van die bekendes is Joey Moses wat deel was van die bekende en destyds baie gewilde The Invaders en ook Tururu of dan Patrick Lindoor om maar ’n paar name te noem.”

Verlede Saterdag op Jeugdag, het die lede van ATKV-Edik uitgawes van die eerste Jazztown in Gerald Smith gemeenskap uitgedeel.

“Op hierdie unieke manier wil ons poog om oud en jonk weer lief en lus te laat word vir lees. Dit is veral die kinders wat ons op fokus om hulle lief te maak vir lees,” sê Koopman.

Die Jazztown nuusbrief gaan maandeliks verskyn en sal deur ATKV-lede tussen Gerald Smith se mense uitgedeel word. Dit sal ook by die ATKV Jazztown biblioteek by Lukiestraat 90 beskikbaar wees.

Stories oor hoe Gerald Smithers in murg en been saamstaan en moue oprol om morsjorse ’n bedreigde spesie te laat word, as-ook die verering van Jazztown musikante kan in die eerste uitgawe gelees word. Vir die jongspan is daar interessante brokkies nuus oor vreemde diere en lekker leesboeke.

  • Vir meer oor Jazztown se nuusbrief en ATKV Edik se bedrywighede in Gerald Smith gesels met Bruce Koopman by 083 762 8475.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.