Jeug pak dwelmmisbruik in Kamesh

2018-06-07 06:02
=Lede van die Youth Crime Prevention Desk van Kamesh saam met sprekers wat by hulle oggendtee opgetree het. Voor van links is Gailene Booysen, Andrew Jantjies, Ree-charl Pietersen en Tiffany Nel. In die middel is konstabel Cyril Petrus, Mary-Ann, Miempie van Wyk en sersant Notuthuzelo Sibaca-Selani.Agter is Samantha van Heerder, Roslyn van Heerden, Tanielle de Bruin, Diane Jansen, Mondrenick Lambaatjeen, Kim Martin en Juli-Ann Nontji.                                                     Foto:HEILIE COMBRINCK

=Lede van die Youth Crime Prevention Desk van Kamesh saam met sprekers wat by hulle oggendtee opgetree het. Voor van links is Gailene Booysen, Andrew Jantjies, Ree-charl Pietersen en Tiffany Nel. In die middel is konstabel Cyril Petrus, Mary-Ann, Miempie van Wyk en sersant Notuthuzelo Sibaca-Selani.Agter is Samantha van Heerder, Roslyn van Heerden, Tanielle de Bruin, Diane Jansen, Mondrenick Lambaatjeen, Kim Martin en Juli-Ann Nontji. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DWELMS ruk lewens uitmekaar en die toename van dwelmgebruik onder skoliere en jongmense op Uitenhage is kommerwekkend.

Daarom het die Youth Crime Prevention Desk van Kamesh polisiestasie onlangs ’n program aangebied spesifiek om moeders in te lig waarna om op te let indien hulle vermoed dat hul kinders dwelms gebruik.

“Moeders ly dikwels die meeste, want hulle sien hoe hulle kinders vir wie hulle so baie ideale het se lewens vernietig word deur dwelms,” sê Ree-Charl Pietersen van Youth Crime Prevention Desk Kamesh.

“Ons is ’n groep jongmense wat omgee oor wat om ons aangaan. Ons wil ander jongmense oorreed om ook in ons visie te deel sodat ons ons gemeenskap kan omkeer ten goede.”

Tekens van dwelmgebruik

Miempie van Wyk van CMR Uitenhage was een van die sprekers en sê die heel eerste aanduiding dat jou kind moontlik met dwelms te doen het is wanneer jou kind se persoonlikheid en gedrag verander.

“Almal het buie, maar as ’n vriendelike kind bombasties en aggressief raak is dit gevaartekens. So-ook as hulle begin om tot laat uit te bly en om vreeslik laat te slaap. ’n Mens wat dwelms gebruik het nie woema of lewensenergie nie, hulle lyk eintlik lewensmoeg.

“Kyk jou kind in die oë - dit is die vensters na ’n siel. Dwelmgebruik laat oë bloedbelope en die pupille is dikwels vergroot. ’n Ma weet as haar kind haar nie in die oë kan kyk nie is daar fout.

“Kyk ook na jou kind se selfoon-gebruik. As hulle baie vas is aan hulle selfone en nie wil toelaat dat jy sien waarmee hulle besig is nie, is iets nie reg nie. Nog tekens is as geld of goed wegraak uit jou huis, as jou kind se eetgewoontes verander en as hulle tande drasties versleg,” sê Van Wyk.

Wanneer dit by raad kom hoe om op te tree indien ’n ouer besef ’n kind gebruik dwelms, is “tough love” volgens Van Wyk die ant- woord.

“Dit beteken dat jy lief is vir jou kind, maar haat wat hy of sy doen. Hou jou afstand, want jy kan nie ’n mens wat dwelms gebruik vertrou nie, hulle is meestermanipuleerders. Hou op om al die stories te glo oor waarvoor hul geld nodig het. Beskerm jou waardigheid en gaan klop aan vir professionele hulp by mense wat opgelei is om met dwelmverslaafdes te werk,” sê Van Wyk.

Gewetenlose manipuleerders en leuenaars

Mary-Ann , die gasspreker by die Youth Crime Prevention Desk van Kamesh se program, was vir 11 jaar vasgevang in die dwelmnetwerk.

Sy was by ’n rehabilitasie-sentrum, maar sonder sukses. Dit was eers nadat sy ’n beroerte gekry het weens dwelmgebruik dat sy besluit het om haar lewe te verander. Nou is sy al ’n jaar en vier maande skoon en wil ander help om ook los te kom uit dié dwelmhel.

Mary-Ann noem die dwelmname een vir een op, “Ek het al daardie verskillende goed gebruik ... maar niks, niks, vat jou weer so high soos jou eerste high nie. Jy kan maar try, maar jy gaan net one way en dit is ondertoe. Jou waardes is uit jou uit, jy raak ’n gewetenlose niks.”

Mary-Ann was in Uitenhage op skool toe verkeerde vriende haar in die dwelmwêreld ingetrek het.

“My praat het soos ’n skollie s’n geraak. Ek’t my laat tatoeër en so maer geword dat ek my dogtertjie van 12 jaar se klere begin dra het.

“Hoe dieper jy in die dwelmwêreld vasgevang word hoe moeiliker raak dit om die volgende fix te kan bekostig en dan raak jy aggressief en doen enigiets om geld te kry. Ek het my eie ma besteel. Jy raak ’n kompulsiewe leuenaar en vertrap en misbruik mense wat vir jou lief was.”

“Vandag is ek verlos, maar glo my, die versoekings is nog daar. Maar my ma is ’n biddende moeder. Sy is altyd op haar knieë en sy hou aan bid vir my.”

Mary-Ann sê dit is belangrik dat ouers by ondersteuninggroepe moet aansluit sodat hulle weet hoe om ’n kind te hanteer wat uit ’n rehabilitasie-sentrum kom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.