Jong skilder omskep mure in kuns

2016-07-07 06:00
=Quetin Bruintjies by die olieverfskildery in Bergsig Skool se klubhuis.                                Foto: heilie combrinck

=Quetin Bruintjies by die olieverfskildery in Bergsig Skool se klubhuis. Foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar hang ’n 3 x 1.5 meter olieverfskildery in Bergsig Skool se klubhuis, vir nageslagte om ’n dorp en ’n skool te onthou wat geleenthede vir almal bied.

Dié kunswerk is geskep deur Quetin Bruintjies (18), wie verlede jaar sy skoolloopbaan by Bergsig voltooi het.

Luana Bester, kunstenaar as-ook kunsonderwyser by Bergsig sê, “Quetin het ’n fyn aanvoeling vir kleur en toonwaardes. Sy sterkte is sy leerbare gees en dit maak van hom ’n suksesvolle kunstenaar.”

Die olieverfskildery in Bergsig se klubhuis bestaan uit drie panele met kenmerkende Uitenhage uniekhede, inmekaar vervleg met interessante verftegnieke.

Quetin het uniekhede van Uitenhage en omgewing vasgevang in olieverf. Daar is turksvye, aalwyne, die Hanekamberg, ’n Volkswagen Kewer, treine en ook beelde van Bergsig.

“Ek het begin met die lug en die Hanekamberg. Maar soos die landskap verander moes ek die lug die heeltyd aanpas sodat die kleure mooi balanseer,” sê Quetin, wat reeds in sy laerskooldae by Sonop in kuns presteer het.

“Juffrou Luana is amazing. Haar aanmoed-iging is my inspirasie. Sy het my geleer om te skilder wat ek sien. Dat my oë die kleure vang en die boodskap na my brein stuur en dan doen my hande wat ek gesien het.”

Quetin het ’n hele kwartaal aan die panele gewerk. Die twee sypanele is deur die graad 10 kunsleerlinge geverf. Dié panele beeld die verskillende ambagte van Bergsig uit soos spyseniering, duikklop, kuns, spuitverf, plaatmetaal, haarkappery en sweiswerk.

Quetin het in 2015 sy skoolloopbaan op ’n hoogtepunt voltooi nadat hy die gesogte Bergsig Kuns Kafee trofee ontvang het as die beste kunsstudent.

Deesdae is hy voltyds besig met verfwerk en ontvang verdere onderrig in kuns by Luana Bester. Hy doen ook muurkuns en skilder opdragwerk vir besighede of mense wat in hul huise ’n fokusmuur in ’n kunswerk wil omskep.

“Quetin is iemand wat wil leer en ’n sukses van sy lewe wil maak. Met sy besonderse styl het hy dag vir dag geverf en stadig maar seker het sy sketse ontwikkel in pragtige skilderye,” het Luana gesê.

Buiten skilderwerk het Quetin ook opleiding ontvang in huisverf en doen dit as deel van sy plan om fondse te genereer om sy droom as kunstenaar te leef.

  • Quetin doen kommissiewerk en hy kan gekontak word by 074 364 5863 of 081 491 1501.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.