Jong stemme welkom by Despatch Mannekoor

2018-03-15 06:00

Die gewilde Despatch Manne-koor reis eerskomende Sondag na die “groente mandjie” van die Oos-Kaap waar hulle op Patensie by die NGK Gamtoosvallei-gemeente gaan optree.

Die mannekoor is 18 jaar gelede deur Iloreez Goosen ge-stig en het in dié tyd by verskeie koor- en sangaande sowel as by geestelike geleenthede en selfs orreluitvoerings opgetree.

Amanda Gous het later jare die koorafrigting oorgeneem en huidiglik is Tanya Gerber, ’n musiekonderwyser by Laerskool Frans Conradie, verantwoordelik vir die begeleiding van die koor. In die beginjare was daar 32 mansstemme en huidiglik bestaan die koor uit 14 mans.

“Daar is heelwat ouer mans in die koor met die oudste lid diep in die tagtig jaar, maar daar is jonger manne ook. Die kwaliteit van die ouer mans se stemme is verbasend goed,” sê Bertus Griebenow, ’n lid van die Despatch Mannekoor.

“Ons sal met graagte jonger stemme inneem. Manne wat by die koor wil aansluit is baie welkom!”

Sondag se program in die NGK Gamtoosvallei-gemeente is getitel “Van die Eerste koms tot die Wederkoms - ‘n Jesus verhaal” en dit bestaan uit gedigte sowel as sang.

“Aan die einde van die program word ’n hoorbeeld deur Gitts gedoen. Dit is heel ougat en hy is baie goed daarmee om die verhaal aan te pas by die dorp waar ons optree. Die mense sal daarvan hou om bekende plekke en name van hul omgewing ingevleg in die verhaal te hoor,” sê Griebenow.

Die Despatch Mannekoor se volgende optrede is op Graaff Reinet op 22 April. Daarna sal hulle in Aberdeen optree op 20 Mei. Hul beplan ook ’n Koffiehuiskonsert met ’n opgeruimde geestelike atmosfeer vir later die jaar.

“Ons tree graag by kerke of geestelike funksies op. Mense kan gerus van hul laat weet as hulle wil hê ons moet kom optree,” sê Griebenow.

  • Vir meer inligting of om die Despatch Mannekoor te boek bel Bertus Griebenow by 082 676 4487.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.