Jong Uitenhager is vasgekeer in Peru

2020-04-30 06:00
Lauren Kroutz.

Lauren Kroutz.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n JONG Engels-onderwyser van Uitenhage is een van agt Suid-Afrikaners wat saam in Cusco in Peru vasgekeer is.

Lauren Kroutz (20) het skaars ses maande gelede met groot opwinding haar tuisdorp verruil om aan ’n onderwyskursus in Suid-Amerika deel te neem.

Die kursus het tot ’n werkgeleentheid as onderwyser gelei, maar voordat sy geld kon begin spaar nadat sy die kursus afbetaal het, is ’n nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie in Maart deur die regering van Peru afgekondig.

Oor die afgelope maand het Kroutz reeds met sewe ander Suid-Afrikaners kontak gemaak. Hulle is almal in die Suid-Amerikaanse land vasgekeer, maar is vasbeslote om terug in Suid- Afrika te kom.

“Ek en die res van die groep is op die oomblik werkloos. Ons geld raak vinnig op, terwyl ons vir verblyf en kos moet betaal. Ons is desperaat om huis toe te kom,” het Kroutz uit Cusco gesê.

Die regering in Peru het volgens Kroutz geen plan om die skole weer vanjaar te open nie en die meeste skoolwerk word aanlyn gedoen. Kroutz se dienste word egter nie daarvoor benodig nie en sy sien dus geen rede om langer in die land te wees nie.

“Ek sukkel nou al byna twee maande om hier uit te kom. Van die ander Suid-Afrikaners se geld is so min, hulle kan nie meer hul (chroniese) medikasie bekostig nie. Die situasie is benard.”

Nog twee Suid-Afrikaners, wat onderskeidelik van Graaff-Reinet en Boksburg kom en aanvanklik saam met dié groep probeer het om na Suid-Afrika terug te keer, het intussen positief vir Covid-19 getoets.

“Ek voel baie onveilig hier, die plek is digbevolk en mense hou nie daarvan om by hul huise te bly nie.”

Hoewel Kroutz ’n retoerkaartjie het, is dié kaartjie nutteloos nadat internasionale vlugte weens die pandemie opgeskort is.

Sy en die res van die groep het reeds by die plaaslike ambassade om hulp aangeklop, waar hulle gehoor het hul hoop is nou in die hande van ’n private vlug om tuis te kom. Die ambassade het toestemming namens die groep gekry om vandeesweek uit Cusco na die hoofstad, Lima, te reis om daar op ’n vlug te wag.

“Die laaste keer dat ons gekyk het, het so ’n vlug omtrent R30 000 (per persoon) gekos. Daar is nie ’n manier dat ek dit kan bekostig nie,” sê sy.

“Ons enigste hoop is nou dat daar ’n vlug beskikbaar word, finansiële hulp van die regering of êrens en dan toestemming om die land te mag verlaat.”

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê hulle weet van die groep in Peru.

Hy sê ’n toegewyde span is voortdurend besig om te soek na moontlike vlugte vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland vasgekeer is. Daar word veral ’n oog gehou op vlugte wat buitelanders uit Suid-Afrika repatrieer sodat Suid-Afrikaners op sulke vlugte nader aan of self heeltemal terug na Suid-Afrika gebring kan word.

Ngqengelele kon nie bevestig of die regering enige finansiële ondersteuning aan Suid-Afrikaners sal beskikbaar stel om vir vlugte te betaal nie en sê vir eers fokus die departement op alternatiewe metodes.

) Die departement het alle Suid-Afrikaners wat in die buiteland vasgekeer is, aangemoedig om hulself te registreer deur die departement te bel by +27 12 351 1754/+27 12 351 1756 óf deur ’n e-pos na cicc1@dirco.gov.za of cicc2@dirco.gov.za te stuur.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.