‘Juffrou Jenny’ groet na 45 jaar van skoolhou

2018-02-01 06:01
<Juffrou Jenny Scheepers op haar gelukkigste tussen graad 1 kinders. Sy het einde Januarie afgetree, na 45 jaar by Dower Practising School op Uitenhage. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar word gesê dat ’n goeie onderwyser ’n lewenslange indruk laat op kinders wat deur sulke leerkragte onderrig is. Dit is waar van “Juffrou Jenny” of Jennifer Scheepers wat nou, na 45 jaar by Dower Practising skool op Uitenhage, afgetree het.

“Oe ... Facebook is ’n wonderlike ding. Ek het kontak met oud-skoliere wat jare gelede in sub A of graad 1 in my klas was. Hulle is nou in top beroepe regoor die wêreld,” sê Jennifer Scheepers, wat verlede week vir die laaste keer voor die groenbord in haar klas gestaan het.

Sy is oorspronklik van Cradock en het in 1973 as ’n bloedjong “juffrou Van Dyk” by Dower Practising School begin skoolhou.

“Daai tyd was mens nog so kinderrig. Ek sal nooit vergeet nie, ek het ’n helder oranje rok met wit-en-donkerblou skoentjies aangehad en het heel bang hier by die hek ingestap.”

Dié bangheid het sy gou vervang met geesdrif en entoesiasme en haar studies deeltyds voortgesit om haar kwalifikasies te verbeter.

In 1998 kry sy opdrag van die departement van onderwys om as deel van ’n uitgesoekte groep onderwysers in Bhisho voorgeskrewe handboeke te identifiseer vir die uitkoms- gebaseerde onderwys kurrikulum. Op pad terug, duskant Adelaide, was hulle in ’n buson-geluk en Jennifer het ernstige beserings opgedoen. Sy kon eers weer in 2000, na twee groot operasies, terugkeer skooltoe.

In 2001 is Jennifer ’n pos by die onderwys- departement aangebied vir moderering van graad 1, 2 en 3 klasse in die Uitenhage onderwysdistrik sowel as by plaasskole in die omgewing.

“Dit was goeie ondervinding. Maar my hart was by die kinders en ek het verlang om in ’n klas te wees. So, in 2002 was ek terug op my pos.”

In haar tyd by Dower sê sy het sy geleer om kind te wees, om ’n onderwyseres te wees en om ’n berader te wees. Met haar ervaring om hartseer situasies te hanteer het sy later haar as ’n berader gekwalifiseer.

“Ek het berading gedoen met kinders van verskillende skole in die omgewing. Kinders wat verkrag is, wat mishandel is, wat huislike of persoonlike probleme gehad het. Dit het my na ’n ander sfeer van my lewe geneem. Die berading het wyer uitgekring want die nood in ons gemeenskappe word net groter en groter,” sê Jennifer.

Na 45 jaar van skoolhou sê sy met trane wat oor haar wange loop, “ek gaan my kinders verskriklik mis, dit was my hele lewe. Veral omdat ek kon help bou aan ’n klein mensie se opvoeding en lewe om eendag ’n verskil in die samelewing te maak. Die belangrikste is wedersydse respek. ’n Mens moet respek gee om respek te kan ontvang.”

Vandag is daar vyf onderwysers by Dower wat hulle skoolloopbane in graad 1 of sub A by “Juffrou Jenny” begin het.

“Ek is nou 63 en dit is tyd om nou terug te staan. Tyd om vir iemand anders met ’n passie vir onderwys plek maak.

“Ek voel trots dat ek in my tyd as onderwyseres kon bydra tot kinders wat nou deel is van die opvoedingstaak by Dower. Dit voel vir my ek gaan, maar hier bly iets van my agter,” sê Jennifer.

Dower se skoolhoof, Marthinus Steyn sê, “Woorde is te min om iets te sê oor iemand soos Jenny Scheepers wat ’n leeftyd lank by die skool was.

“Dit is ’n voorreg om haar te ken. Sy is ’n absolute toegewyde onderwyseres wat baie lief is vir die kinders en sy het haar opvoedingstaak met sukses volbring.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.