‘Juffrou Rennie’ vier haar 99ste jaar

2019-11-21 06:00
Juffrou Phyllis Rennie (99) was die eerste vrou wat as skoolhoof by ’n staatskool aangestel is. Sy het ook klavierlesse gegee en was vir jare die orrelis by ’n kerk.        Foto:WESLEY KLUE

Juffrou Phyllis Rennie (99) was die eerste vrou wat as skoolhoof by ’n staatskool aangestel is. Sy het ook klavierlesse gegee en was vir jare die orrelis by ’n kerk. Foto:WESLEY KLUE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“JUFFROU Rennie” van Uitenhage, die eerste vrou in Suid-Afrika wat as ’n skoolhoof by ’n staatskool aangestel is, se 99ste verjaardag is op 11 November gevier.

Oudergewoonte het ’n paar van Phyllis Rennie se oud-kollegas, sowel as een van haar oud-leerders, die 84-jarige Rita Ricketts, haar op haar verjaardag verras.

“Sy was my standerd 3 onderwyser. By haar het ek die fyn kuns van naaldwerk geleer,” sê Ricketts.

Juffrou Rennie het haar onderwys-opleiding by Dower Kollege op Uitenhage voltooi en is tans die langslewende voormalige student van dié kollege.

Haar eerste onderwyspos was by St. Joseph Primêr en daarna het sy by Jubilee Park Primêre Skool skoolgehou. In 1967 is sy aangestel as hoof van Jubilee Park Voorbereidingskool. Dié aanstelling van Juffrou Rennie het bygedra dat Jubilee Park ’n skool van voorkeur was vir baie leerders.

“Te danke aan Juffrou Rennie, was daar in daardie tyd in graad 4 nie ’n enkele kind wat níé kon lees met begrip nie,” sê Hamilton Petersen, ’n voormalige hoof van Jubilee Park Primêre Skool.

“Almal ken haar as ’n baie standvastige mens vir wie dissipline eerste gekom het. Dit was ook vir haar belangrik om individuele aandag aan kinders te gee, om elke kind se naam te ken, te weet waar hulle bly, of hulle naels kort is en of hulle ’n sakdoek het.

“Sy was baie lief vir kinders en onder haar leierskap het die voorbereiding- en primêre skool se getalle gestyg met meer as 1 000 leerders,” sê Petersen.

Buiten haar toegewydheid in die klaskamer het Juffrou Rennie ook musiek- en klavierlesse aangebied en sy was ’n ywerige tennisspeler.

Sy het ook ’n groot rol gespeel om ’n toneelgroep op die been te bring wat jaar na jaar die wenners van die destydse Rotariëerfees was.

Na meer as 40 jaar in die onderwys het sy in 1981 afgetree en was die orrelis by St Josephs Katolieke-kerk.

Alhoewel haar geheue nie meer helder is nie, kan sy wel hier en daar dinge oor die verlede onthou.

Elke dag is ’n dag vol genade vir Juffrou Rennie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.